Geslote stadions beproef geduld
Atletiek
Andrew Poolman – Frustrasie is toenemend aan die opbou in atletiekgeledere oor die oënskynlike gebrek aan kommunikasie, besluitneming of optrede wat meebring dat atletiekstadions ontoeganklik bly.
As 'n niekontaksport is atletiek reeds lankal oop verklaar om oefeninge te hervat. Veral atlete op die elite vlak, en hul afrigters, sit egter met die hande in die hare omdat oefengeriewe gesluit bly ondanks die huidige stand van Covid-19-inperking waarin oefensessies voorwaardelik toegelaat word.
Vir die land se topkandidate wat hoop om die kwalifikasie vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio te behaal, gaan waardevolle oefendae verby, terwyl hulle eenvoudig die terugvoer afwag wanneer die stadions eendag “ontsmet” sal word.
Die stadion by The Dome op Swakopmund, asook Windhoek se Onafhanklikheidstadion en ander geriewe landwyd bly steeds gesluit soos wat die afgelope drie maande die geval was.
Die laaste amptelike verduideliking was glo dat gewag word vir owerhede om skoonmaakmiddels aan te koop vir die ontsmetting van die stadions. Intussen het egter reeds nóg 'n volle maand verloop waarin niks gebeur het nie.
Uit atletiekgeledere word aangevoer dat dit wetenskaplik onmoontlik is vir enige virus om maande lank die Namibiese sonskyn te oorleef in 'n stadion waar vir drie maande geen mense toegelaat was nie.
Die hoogspringafrigter van Swakopmund, mnr. Hennie Horn, het eergister opnuut 'n pleidooi op sosiale media gerig vir die besluitnemers van die Namibiese Sportkommissie, Atletiek Namibië, die Namibiese Skolesportunie (NSSU), die ministerie van sport, jeug en nasionale diens en die onderskeie munisipaliteite om dringend die struikelblokke op te klaar sodat oefeninge binne die toepaslike veiligheidsmaatreëls kan hervat.
“Stel die atleet eerste, dis al wat ek vra,” het Horn geskryf.
Volgens Atletiek Namibië se aangepaste jaarprogram word beplan om sy terugkeer tot baan- en veldatletiek op 25 September met die aanbieding van byeenkoms nr. 4 in sy Grand Prix-reeks te maak.
Byeenkoms 5 en 6 is vir 3 Oktober (Oshakati) en 'n week later op Keetmanshoop bestem, voor die Erongo-streekkampioenskap op 24 Oktober op Swakopmund.
Die senior nasionale kampioenskap in baan- en veldatletiek word vir die naweek van 6 en 7 Oktober in Windhoek beplan.
Die Nasionale Jeugspele en NSSU se nasionale kampioenskap is verdere groot byeenkomste voor die jaareinde waaraan beplanning reeds aan die gang is.
Vir padwedlope is die eerste grote op die kalender die Windhoek City Marathon op 19 Julie in Windhoek. Datums is ook bekendgemaak vir die Navachab-halfmarathon (19 September op Karibib), die Hangana Hake Run (3 Oktober op Walvisbaai) en die Spar nasionale 10 km-kampioenskap (31 Oktober, Oshakati).
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie