Gesoek: Fotou2019s van die super- bloumaan
Gesoek: Fotou2019s van die super- bloumaan

Gesoek: Foto’s van die super- bloumaan

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Môre sal die tweede supermaan van die maand opkom – en omdat dit die tweede volmaan in een maand is, word dit ook ’n bloumaan genoem.

’n Bloumaan verwys na ’n tweede volmaan in ’n enkele kalendermaand en kom oor die algemeen slegs elke 2,7 jaar voor.

Die maan sal plaaslik omstreeks 18:48 op 30 Januarie opkom en op 31 Januarie om 00:28 reg bo in die lug wees. Op sommige vastelande sal ’n totale maansverduistering gesien kan word – maar dit sal nie plaaslik sigbaar wees nie.

31 Januarie se supermaan sal eintlik die derde van drie supermane wees wat in twee maande voorgekom het. Benewens 2 Januarie, het ’n supermaan ook op 3 Desember sy verskyning gemaak.

NASA verwys na die gebeurtenis as die supermaan-trilogie.

Dis nie al nie – ’n tweede bloumaan sal op 31 Maart verskyn nadat daar op 2 Maart reeds ’n eerste volmaan was.

’n Derde seldsame gebeurtenis, wat hand-in-hand met die bloumane in Januarie en Maart loop, is dat daar geen volmaan in Februarie sal wees nie – iets wat slegs sowat eenmaal in 20 jaar gebeur en ’n ‘swartmaan’ genoem word.

Neem gerus die ‘super- bloumaan’ vroegoggend op 31 Januarie af en stuur vir ons jou foto na [email protected] of per Whatsapp na 081 170 0090.

Dienooreenkomstig sal dit 15 Februarie nuwemaan wees, maar die naghemel sal maanloos wees omdat dié hemelliggaam eers om 06:08 sal opkom nadat dit op Valentynsdag om 18:42 sal ondergaan. - Bronne: space.com, timeanddate.com, cellstop.com.na en eclipse.gsfc.nasa.gov.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!