Gesoek: Namibië se mooiste hoërskoolnooi
Skole se huidige skoonheidskoninge kan nou inskryf vir die Mej. Hoërskool-kompetisie.
Maar dit gaan nie net oor uiterlike skoonheid nie. . .
Die kompetisie is deel van die splinternuwe #Festival wat vanaf 7 tot 9 September in Windhoek plaasvind.
Om deel te neem, moet jy in graad 11 of 'n laer graad wees. Indien jy as Mej. Hoërskool gekroon word, sal jy 'n gemeenskapsorganisasie of -projek moet kies wat jy vir die komende jaar sal ondersteun.
Namibia Media Holdings (NMH), ADA en ACE Models Namibia is van die borge vir die skoonheidskompetisie. NMH sal die wenner in haar gemeenskapswerk ondersteun.
“Die rede waarom ek besluit het om die geleentheid te borg, is oor die vertroue wat ’n jong dame moet hê. Wie weet, danksy sulke geleenthede kan een van die jong dames dalk eendag as Mej. Namibië gekroon word,” sê me. Daphne Voigts, direkteur van ACE Models Namibia.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 4 Augustus. Kry jou inskrywingsvorm in NMH se publikasies en WhatsApp die vorm na 081 440 0544 tesame met 'n foto van jouself en 'n video waarin jy vertel watter goeie werk jy in jou gemeenskap sal doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie