Gesoekte man gee homself oor
Gesoekte man gee homself oor

Gesoekte man gee homself oor

Henriette Lamprecht
’n Man wat vir bedrog van duisende dollar gesoek is en vir wie daar ’n lasbrief uitgereik is, het homself aan die Polisie op Rehoboth oorgegee.

Nazeem Hozyene Jansen (FOTO) is gesoek nadat hy na bewering ’n vrou uit N$540 000 bedrieg het.

Volgens adj. komm. Kauna Shikwambi is die bedrog glo tussen 2013 en November 2017 op Rehoboth gepleeg. Na bewering was die klaagster, ’n 43-jarige vrou, op soek na ’n huis om op die dorp te koop. Sy is aan Jansen voorgestel wat aangedui het dat hy sy huis wil verkoop. Jansen en die klaagster het ’n verkoopsooreenkoms aangegaan waarna sy N$420 000 soos ooreengekom oor ’n tydperk betaal het. Terwyl sy volgens Shikwambi gewag het dat die huis op haar naam oorgeplaas word, het sy hier ingetrek.

Sy is egter later uit die huis gesit toe die bank dit teruggeneem het.

Volgens Shikwambi sukkel sy sedertdien en het gevolglik klagtes ingedien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!