Gesonde leefstyl, gesonde longe
Namibië is een van die lande wat die WHO se raamwerkkonvensie vir tabakbeheer ten volle geïmplementeer het.
Henriette Lamprecht – Tabakafval bevat meer as 7 000 giftige chemikalieë wat die omgewing besoedel en karsinogene insluit.
Tabakrook dra tot die vrystelling van duisende tonne karsinogene, gifstowwe en kweekhuisgasse in die omgewing by.
Daarmee saam is tabakafval die grootste vorm van afval wêreldwyd.
Tot 10 miljard van die 15 miljard sigarette wat daagliks wêreldwyd verkoop word, word in die omgewing agtergelaat.
Dít volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se eerste verslag oor die impak van rook op die omgewing en die natuur.
Namibië is toegewy aan die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling, wat ten doel het om wêreldvrede te bevorder en armoede uit te wis.
Sleutelelemente sluit in die implementering van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se raamwerkkonvensie vir tabakbeheer en om voortydige sterftes weens nie-oordraagbare siektes, soos hart- en longsiektes, kanker en diabetes, teen 2030 met ’n derde te verminder.
Tussen 30% en 40% van alle items, wat tydens skoonmaakveldtogte in stede en in kusgebiede opgetel word, is sigaretstompies.
Volgens die verslag bedreig tabak alle mense, asook ontwikkeling op streek- en nasionale vlak.
Sowat 860 miljoen volwasse rokers bly in lae- en middelinkomstelande.
Verskeie studies toon in die armste huishoudings verteenwoordig besteding aan tabakprodukte dikwels meer as 10% van die totale huishoudelike uitgawes, wat minder geld vir kos, gesondheidsorg en opvoeding laat.
Tussen 10% en 14% van kinders uit gesinne wat tabak verbou, is afwesig van skool omdat hulle in die tabakvelde werk.
Sowat 70% van werkers op tabakplase is vroue, wat dus dikwels direkte kontak met giftige chemikalieë het.
Volgens die verslag dra tabak wêreldwyd tot 16% van alle sterftes weens nie-oordraagbare siektes by.
Namibië is een van die lande wat die WHO se raamwerkkonvensie vir tabakbeheer ten volle geïmplementeer het, wat onder meer op beleidsrigtings vir tabakbeheer en wetgewing fokus.
Die WHO beraam meer as sewe miljoen mense sterf jaarliks weens tabakgebruik met meer as 80% van rokers wat in lae- en middelinkomstelande woon, insluitende Afrika suid van die Sahara.
Tog is daar steeds veral lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingstreek (SADC) wat wetgewing oor tabakgebruik moet uitvaardig.
Volgens huidige inligting is kinders van 13 tot 15 jaar en jongmense van 18 tot 24 jaar die fokus van veldtogte om tabakgebruik te pak.
Bydraende faktore wat mense aanmoedig om te begin rook, sluit in groepsdruk, armoede en leefstylkeuses.
Die WHO stel voorts hoë belasting op tabakprodukte voor, wat net werk wanneer die verkoop van enkel- of los sigarette verbied word.
Namibië se wet op die beheer van tabakprodukte verbied nie die verkoop van los sigarette nie, wat oënskynlik die algemeenste manier is waarop die Namibiese jeug toegang tot sigarette in nedersettings en landelike gebiede kry.
Hoewel die verbod aanvanklik deel van die wetsontwerp was, het parlementslede gevoel dit sou tot nadeel van arm landelike jeugdiges wees, wat ‘n inkomste uit die verkoop van los sigarette verdien.
In die lig van Internasionale Antirookdag, wat op 31 Mei gevier word, sê die Kankervereniging van Namibië (CAN) longkanker is een van die kankers met die hoogste sterftesyfer onder beide mans en vroue in die land.
Buiten kanker sluit ander gesondheidsrisiko’s wat met tabakgebruik verband hou swak bloedsomloop, hartsiektes, hoë cholesterol en angs in.
CAN sê studies toon e-sigarette is ook nie so gesond as wat aanvanklik voorgehou is nie.
Die vereniging het verskeie internasionele riglyne en programme gevolg en ‘n program van 20 weke (drie maande) ontwikkel in ‘n poging om Namibiërs te help om op te hou rook.
Rokers wat die gewoonte graag wil laat vaar, kan CAN by [email protected] kontak om ‘n kopie van die program te kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie