Gesondheid kry hupstoot
Gesondheid kry hupstoot

Gesondheid kry hupstoot

Die Ohorongo Otavi-gemeenskapstrust het in samewerking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) en Support Ulm e.V ooreengekom om hul samewerkingsooreenkoms vir tegniese ontwikkeling vir ‘n verdere vyf jaar te verleng.

Dit is die tweede verlenging sedert die ooreenkoms in 2010/2011 gesluit is.

Dit beteken die voortgesette verskaffing van mediese toerusting in dienste en kontant soos geprioritiseer deur die ministerie in ‘n poging om die openbare gesondheidsektor in die land ‘n hupstoot te gee.

Support e.V is ‘n niewinsgewende organisasie wat in die Duitse stad Ulm geleë is en deur ‘n groep mediese dokters onder die leierskap van prof. dr. Heinz Maier gestig is om mediese projekte oraloor die wêreld te ondersteun. Die organisasie is voortdurend besig om verskeie platforms te gebruik om geld in te samel om die gesondheidsbedryf in Namibië te ondersteun en op te hef.

Die verlenging van die ooreenkoms kom te midde van die potensiële verandering in aandeelhouers in Ohorongo Cement, wat volgens ‘n verklaring nie hierdeur geraak sal word nie.

“Ongeag die moontlike verandering in aandeelhouers sal Ohorongo in samewerking met Support e.V met sy korporatiewe maatskaplike belegging in die land voortgaan,” sê mnr. Hans-Wilhelm Schütte, besturende direkteur van Ohorongo Cement.

Tot dusver beloop die totale skenkings van mediese toerusting en dienste aan die ministerie meer as N$20 miljoen, terwyl nog ‘n besending na verwagting middel-Oktober in die Walvisbaaise hawe sal aankom.

Die besending sal aan die ministerie oorhandig word om onder gesondheidsgeriewe oraloor die land versprei te word.

Die adjunkminister van MoHSS, me. Juliet Kavetuna, het intussen gesê die verlenging van die ooreenkoms is belangrik, omdat nie alle streke al by die skenking van mediese toerusting en ondersteuning gebaat het nie.

In die toekoms sal op dié streke gefokus word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!