Gesondheid kry ook nuwe PS
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste kry eersdaags 'n nuwe permanente sekretaris.
Denver Kisting
Me. Petronella Masabane, wat die afgelope sewe maande waargeneem het as permanente sekretaris (PS) van gesondheid en maatskaplike dienste, is nie permanent aangestel nie.
Kort op die hakke van 'n reeks aanstellings van permanente sekretarisse verlede week, het me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die eerste minister, Vrydagmiddag 'n nuwe PS vir gesondheid aangewys.
Mnr. Ben Nangombe begin op 1 Augustus in dié hoedanigheid.
Sy kontraktuele aanstelling geld kragtens 'n verklaring van dr. George Simataa, kabinetsekretaris, tot 31 Julie 2023.
Dié pos was vakant sedert 'n geskil tussen dr. Bernard Haufiku, die minister, en die vorige PS, dr. Andreas Mwomboola, daartoe gelei het dat Mwoombola na die kantoor van die eerste minister verskuif is.
Pres. Hage Geingob het in Desember verlede jaar gesê die vete tussen dié twee mans belemmer die werksaamhede van die gesondheidsministerie.
Daar is tans 'n hangende regsgeding in die hoërhof tussen Mwoombola en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste onder leiding van Haufiku.
Simataa het oor die naweek by navraag aan Republikein gesê Masabane keer terug na haar pos as adjunk-PS in die ministerie.
Haufiku het ook Nangombe se aanstelling bevestig.
Intussen het Masabane gesê sy wens Nangombe geluk met sy aanstelling en bygevoeg hy sal op haar samewerking en ondersteuning kan steun.
Sy het voorts gesê sy is bly die betrekking is gevul.
Nangombe het gister gesê hy is tans besig om vertroud te raak met die beleidsbepalings van die ministerie waarná hy met 'n aksieplan vorendag sal kom.
Hy is tot 31 Julie in diens van die kantoor van die president as adjunk-PS.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie