Gesondheid 'n basiese mensereg
Universele gesondheidsdekking sal weerloses en werkloses van beter gesondheid verseker.
Henriette Lamprecht – Namibië bestee meer as 13% van die nasionale begroting aan gesondheid – naas Suid-Afrika die tweede meeste in Afrika.
Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), me. Juliet Kavetuna, red ‘n belegging in die gesondheidstelsel nie net lewens nie, maar is dit ‘n noodsaaklike belegging in die breër ekonomie.
“Swak gesondheid plaas ‘n demper op produktiwiteit en het ‘n negatiewe uitwerking op die ontwikkeling van menslike kapitaal,” sê Kavetuna.
Sy het in die Nasionale Vergadering tydens die motivering van universele gesondheid (UHC) beklemtoon gesondheid is ‘n basiese mensereg.
Kavetuna het verwys na die las van gesondheidsorg op die regering, die jaarlikse toename in private mediesefondsbydraes soos inflasie styg, uitdagings wat die staat se mediese fonds (Psemas) in die gesig staar, sowel as die behoefte om universele gesondheidsorg ’n werklikheid te maak.
Sy het gesê “hoë verhoudings van besteebare inkomste wat aan gesondheidsorg bestee word, is onbillik en blyk 'n ondoeltreffende en in die algemeen onvolhoubare manier te wees om gesondheidsorg te finansier”.
“Daar word algemeen aanvaar die finansiering van gesondheidsorg geniet nie soveel voorkeur as kos en skuiling in enige huishouding nie. Dit beteken die weerlose segmente van die samelewing maak nie voorsiening vir of het selfs nie die finansiële vermoë om toegang tot gesondheidsorg te hê nie,” het Kavetuna gesê.
Die gevolg is dié segmente van die samelewing het nie toegang tot sorg nie en is ‘n las vir die staat.
Met die huidige ekonomiese klimaat en die impak wat dit op besteebare inkomste het, word die aantal mense wat van die staat afhanklik is vir gesondheidsdienste al groter.
Volgens die adjunkminister word 36% van die totale gesondheidsbesteding deur middel van mediese fondse en Psemas betaal, maar dek dié skemas slegs 19% van die bevolking.
Dit beteken slegs 64% van die totale gesondheidsbesteding word gebruik om die oorblywende 81% van die bevolking te dek. Laasgenoemde sluit meestal informele werkers, werkloses en weerloses in.
Psemas het in die 2018-’19-boekjaar ‘n begroting van N$2,5 miljard gehad om in die behoeftes van 10% van die bevolking te voorsien, terwyl die ministerie N$6,5 miljoen gehad het om vir 82% van die bevolking voorsiening te maak.
“Ondersoek word ingestel om te verseker gesondheidsbesteding is voldoende en gelyk vir alle sfere van die samelewing. In die lig hiervan is universele gesondheidsdekking die enigste antwoord.”
Volgens Kavetuna takel UHC die land se huidige benadering tot gesondheidsorg.
Hiervolgens word die gehalte en tipe dienste deur mense se sosioëkonomiese status eerder as hul behoefte aan sorg bepaal.
“Dit beteken begrotings word dan toegeken gebaseer op hoeveel mense in ‘n gebied bly, hul siekteprofiele sowel as hul gesondheidsbehoeftes.”
Volgens haar sal die nuwe benadering mettertyd tot laer gesondheidskostes lei omdat siektes soos diabetes en hoë bloeddruk vroeër opgespoor word en gesondheidstoestande beter bestuur word.
“Watter dienste benodig word, wie dit benodig en wie die dienste lewer word oorweeg.”
Kavetuna het voorts gesê mense in landelike gebiede is grootliks afhanklik van ‘n kwynende openbare sektor wat sukkel met ‘n tekort aan hulpbronne.
“Die kern van UHC is die belofte dat almal, waar nodig, toegang tot gesondheidsdienste sal hê sonder om groot onkostes aan te gaan.”
Sy het beklemtoon dit bied ‘n “werklike geleentheid” om die land se grootliks ongelyke toegang tot goeie gehalte gesondheidsheidsdienste te takel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie