Gesondheid op krukkelys, volgens oudminister
'n Voormalige gesondheidsminister lug sy mening oor die werklikheid van medisynediefstal, prysinflasie en wanbestuur in die ministerie.
Mathias Haufiku – Die voormalige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, sê die opjaag van medisynepryse, 'n gebrek aan gepaste beheermaatreëls en veiligheidstelsels is van die redes waarom die openbare gesondheidstelsel uitmekaar val.
Die uitgesproke oudminister het gesê dit is nodig om oneerlikheid te bekamp en die skuldiges, wat die stelsel misbruik, te straf.
Hy voel ook dit is hoog tyd dat die ministerie vennootskappe met die private sektor aangaan, omdat “hulle die ervaring en die nodige hulpbronne het”.
Haufiku het dit onlangs gesê in reaksie op vrae oor die stand van die gesondheidsektor en die korrupsiesaak van beweerde misbruik van openbare hulpbronne wat hy by die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aanhangig gemaak het.
Hy het sy tydperk as minister bespreek en die mate waarin diefstal van medisyne, hoë pryse van mediese voorraad en wanbestuur, die openbare gesondheidsektor beroof het van miljoene Namibiese dollars wat gebruik kon word om lewens te red .
Hy het gesê die situasie was so haglik dat hy 'n dossier by die ACC ingedien het om ondersoek in te stel.
Die waarnemende direkteur-generaal van die ACC, mnr. Paulus Noa, het Maandag gesê die agentskap is steeds besig met die ondersoek.
“Ja, ons het destyds dokumentasie van hom ontvang waarin hy ons gevra het om beweerde ongerymdhede by die ministerie te ondersoek. Ons is nog besig om dit te ontleed,” het hy aan ons susterkoerant, Namibian Sun, gesê.
Haufiku het in die maande voor hy uitgetree het voortdurend koppe met die aanstellingsgesag gestamp en in die openbaar sy antagonistiese sienings uitgespreek oor die manier waarop die regering die sektor bestuur.
Hy het selfs pres. Hage Geingob daarvan beskuldig dat hy by ministeriële sake inmeng en hom gekritiseer omdat hy by die private sektor hulp gesoek het om die openbare sektor in stand te hou.
STEEL VAN MEDISYNE
Volgens Haufiku gebeur dit dikwels dat regeringsamptenare wat met private farmaseutiese ondernemings saamwerk, medisyne steel.
“Ek kan nie sê hoe gereeld medisyne tans in die ministerie gesteel word nie, aangesien ek nie meer betrokke is nie en nie toegang tot daardie inligting het nie. Al wat ek kan sê, is dat die diefstal gedurende my tyd, en moontlik ook voor dit, vir ons op strategiese en bestuursvlak kommerwekkend was, omdat daar amptenare was wat medisyne en ander artikels van die ministerie gesteel het,” het hy gesê.
Die stelery het volgens Haufiku daartoe gelei dat die ministerie veiligheidsmaatreëls ingestel het, soos die installering van veiligheidskameras by mediese pakhuise, asook by die Sentrale Mediese Store (CMS).
Toe Haufiku gevra is wat hy gedurende sy tydperk by die ministerie gedoen het om die diefstal te bekamp, het hy gesê: “Ons het 'n waaghalsige en volledige stelselhervormingsprogram geïmplementeer vir die verskaffing, bestuur en verspreiding van alle medisyne en mediese produkte.”
PRYSINFLASIE
Alhoewel die pryse ook hoog is vir medisyne wat vir die openbare sektor aangekoop word, word beweer dat ministeriële amptenare met diensverskaffers saamsweer om die ministerie astronomiese pryse te vra.
“Ek het 'n aantal twyfelagtige bestellings wat deur die destydse uitvoerende direkteur (dr. Andreas Mwoombola) onderteken is in my ACC-dossier ingesluit.
“In 2015 het ons ongeveer N$700 miljoen aan MIV-medisyne bestee. Ek glo hierdie syfers was geweldig opgeblaas.
“Items is selfs gekoop en betaal, maar niemand weet hoekom nie,” het hy bygevoeg.
Mwoombola het intussen – ná bewerings van bedrog – die ministerie verlaat.
“Die opjaag van medisynepryse kan 'n blote wanvoorstelling wees, maar gedurende my tyd by die ministerie was dit beslis nie 'n werklikheid nie,” het Haufiku gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie