Gesondheid su00ea Vahekeni het niks verkeerd gedoen
Gesondheid su00ea Vahekeni het niks verkeerd gedoen

Gesondheid sê Vahekeni het niks verkeerd gedoen

Die ministerie van finansies bevraagteken ’n bevinding dat die hoofaankoper by die Sentrale Mediese Store niks verkeerd gedoen het nie.
Henriette Lamprecht
Jemima Beukes – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sê ’n interne ondersoek het een van sy senior beamptes, me. Fabiola Vahekeni, daarvan kwytgeskeld dat sy haar posisie gebruik het om haar vriende te help om ’n mediese tender te kry. Die tender was om medisyne ter waarde van N$7 miljoen in 2018 in te voer.

Die ondersoek volg nadat doeaneowerhede beslag gelê het op ’n vraghouer met medisyne wat deur NM Medicals ingevoer is, omdat ’n invoerlisensie verval het.

Die maatskappy se aansoek om die medisyne in 2018 te registreer, was ook onsuksesvol omdat die vervaardiger nie ’n vervaardigingsertifikaat gehad het soos deur die wet vereis nie.

Ná ’n ondersoek deur die verkrygingseenheid in die ministerie van finansies is voorgestel die gesondheidsministerie kla Vahekeni, ’n senior apteker en hoof van aankope by die Sentrale Mediese Store, van wangedrag aan.

NM Medicals word besit deur Vahekeni se vriende en voormalige sakevennote. Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid, mnr. Ben Nangombe, sê die CMS het Vahekeni vrygespreek.

“Voor ons ’n persoon kan dissiplineer, moet ons uitvind op watter grondslag. Ons het die direkteur van die CMS gevra om ondersoek in te stel en hul gevolgtrekking was niks het op wangedrag gedui nie. Daar is geen rede om haar te dissiplineer nie en sy bly in haar pos,” het Nangombe gesê.

Beamptes in die ministerie van finansies het egter die uitslag bevraagteken.

“Die getuienis is so duidelik; dus is ons verstom dat die gesondheidsministerie kan sê hulle vind niks verkeerd nie. Iets klop nie en dit wil voorkom asof Nangombe sy beamptes beskerm,” het ’n bron gesê wat verkies het om anoniem te bly.

Die voormalige uitvoerende direkteur in die ministerie van finansies, mnr. Phineas Nsundano, het in ’n brief aan Nangombe gesê die eenheid vir verkrygingsbeleid (PPU) is opdrag gegee om die gesondheidsministerie te ondersoek om vas te stel of die verkrygingsproses vir die Co-Trimoxazole in ooreenstemming met die wet was. Gevolglike laboratoriumuitslae het gewys die medisyne was nie geskik vir verspreiding nie. ’n Toets vir onsuiwerhede kon nie gedoen word nie, omdat die vervaardiger nie toetsmetodes soos vereis deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) ontwikkel het nie.

Daar is ook bevind NM Medicals het die kontrak gekry met die gebruik van ’n Suid-Afrikaans gelyste vervaardiger, hoewel die tender gespesifiseer het slegs vervaardigers of handelaars in farmaseutiese produkte wat wettig geregistreer is en ’n geldige vervaardigings- of handelslisensie in Namibië het of andersins wettig in die land van uitvoer, sou goedgekeur word.

“Toe dit tyd word om af te lewer, het NM Medicals die store laat weet hulle ervaar ’n tekort met hul Suid-Afrikaanse vervaardiger en het gevra of hulle ’n alternatief van ’n ander vervaardiger kan verskaf. Die nuwe vervaardiger was ’n Chinese maatskappy met die naam ReYOung Pharmaceuticals.

“CMS het dit toegelaat sonder om te verifieer of die nuwe Chinese vervaardiger en die medisyne wat van hierdie nuwe vervaardiger kom, met tenderspesifikasies ooreenstem,” lui die brief.

Vahekeni was die persoon wat vir dié transaksie en die goedgekeurde wysigings tot die toegekende kontrakte verantwoordelik was, sonder evaluering van die verkrygingskomitee en sonder die betaalmeester se goedkeuring.

“Daar is vasgestel me. Fabiola Vahekeni het moontlik indirekte belange in die aangeleentheid, omdat NM Medicals besit word deur haar nabye vriende mee. Naamob Taimo Amakutuwa en Meameno Kamea Nghikembua – almal aptekers wat saam gestudeer het,” lui die brief.

Nsundano het gesê “die waarskynlikheid is redelik hoog” dat Vahekeni haar amp indirek gebruik het om hierby te baat, of te veroorsaak dat iemand anders kon voordeel trek.

“Daar is geen logiese verduideliking waarom Vahekeni NM Medicals sou toelaat om die Chinese vervaardiger te betrek, sonder om te verifieer dat hulle aan tenderspesifikasies voldoen nie.”

Volgens Nsundano is die verkryging onder “noodaankope” gedoen, maar CMS het geen alternatiewe reëling getref toe dit bewus word van die tekorte wat by NM Medicals ervaar is nie.

Volgens hom wou dit voorkom dat Vahekeni en haar vriende by NM Medicals saamspan.

“Die feit dat NM Medicals probeer het om ongeregistreerde medisyne in te bring nadat hul aansoek om dit te registreer in Julie 2018 deur die Namibiese Medisynebeheerraad afgekeur is, is redelik ernstig. Vervalste medikasie is ’n ernstige kwessie, want dit bedreig menselewens,” het hy gesê.

[email protected]

FOTO
Mnr. Ben Nangombe. FOTO ARGIEF

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!