Gesondheid-suksesse gevier
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) in Namibië het met rolspelers in die private en openbare gesondheidsbedryf vergader om die organisasie se strategiese rigting vir die volgende vyf jaar te bespreek en verskeie suksesse te vier.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), mnr. Ben Nangombe, het die nasionale multisektor- strategiese plan vir die voorkoming en beheer van nie-oordraagbare siektes verlede jaar, asook die heropening van die Etegameno-rehabilitasiesentrum danksy die ministerie van verdediging as mylpale uitgesonder.
Ook het die Europese Unie (EU) se belegging in die program vir die bespoediging van die vermindering van sterftes onder moeders en kinders (PARMaCM) ’n positiewe impak op moeder-en-kind-gesondheid gehad.
Die program, wat oor vyf jaar strek, het sterftes onder moeders van 299 uit 100 000 moeders in 2010 laat daal tot 195 uit 100 000 moeders in 2017.
Die program het ook beduidend tot die bou van drie tydelike hawes vir swanger vroue in landelike gebiede bygedra.
Die WHO se verteenwoordiger in Namibië, dr. Charles Sagoe-Moses, het verwys na die organisasie se hulp in die vestiging van ’n mediese skool in die land.
Hy het ook verwys na die geweldige uitbreiding in gesondheidsdienste, wat verskeie gesondheidswerkers in die mees afgeleë gebiede in die land insluit.
Sagoe-Moses het die noodsaaklikheid van universele gesondheidsdekking beklemtoon sodat elke Namibiër teen noodgevalle beskerm kan word en ’n gesonde leefstyl onder Namibiërs bevorder kan word.
Hy het die sukses in die behandeling van tuberkuloselyers as ’n suksesverhaal in die gesondheidsbedryf uitgesonder en gesê tans is die suksesvolle behandelingskoers 86% net 4% minder as die wêreldteiken van 90%.
Ook wa malaria betref, is Namibië se sterftekoers tans minder as vier sterftes uit elke 100 000 inwoners – ’n vermindering van 55% sedert 2008.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie