Gesondheid waarsku teen vals toetse
Gesondheid waarsku teen vals toetse

Gesondheid waarsku teen vals toetse

Geen persoon sonder die nodige amptelike stempel van die geoormerkte laboratorium op die toetsverslag mag die land verlaat nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Geen laboratoriumverslae sal meer by enige grenspos gestempel word namens 'n Namibiese reisiger wat die land verlaat nie.

Vanaf 11 Desember mag geen persoon sonder die nodige amptelike stempel van die geoormerkte laboratorium op die toetsverslag die land verlaat nie.

Dit volg ná 'n toename in vervalste Covid-19-laboratoriumverslae by verskeie grensposte oraloor in die land.

Volgens die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is alle geoormerkte laboratoriums nou opdrag gegee om die egtheid van hul verslae met 'n stempel te waarborg, omdat dit 'n amptelike dokument is.

“Die vervalsing van 'n amptelike dokument is 'n kriminele oortreding en oortreders sal deur Namibiese polisie en immigrasiebeamptes in lyn met die Openbare en Omgewingsgesondheidswet aangekla word,” sê ­Nangombe. Die verslag van die ­laboratorium moet die persoonlike besonderhede van die reisiger bevat waar onder naam en van, geboortedatum en identiteitsnommer wat teen die oorspronklike vergelyk word.

Dit moet ook 'n verwysingsnommer van die laboratorium bevat, terwyl die datums waarop die weefselmonster geneem en ontvang is teenoor dié van die verslag ook deur beamptes nagegaan moet word.

Volgens Nangombe is dit omdat die datums vir insameling en ontvangs nooit ná die van die verslag moet wees nie.

Die laboratorium se stempel en logo moet ook altyd op die dokument verskyn. Nangombe het ­beklemtoon geen stempel van die ministerie of polisie kan gebruik word om die egtheid van die dokument te waarborg nie.

“Die onus rus op alle reisigers wat die land verlaat om te verseker hulle het 'n geldige 72 uur negatiewe PCR-Covid-19-toets wat deur die gemagtigde laboratorium gestempel is. Geen toetsuitslae wat per e-pos gestuur is, sal aanvaar word nie,” het hy gesê.

Gister het 331 weefselmonsters (15%) uit 2 190 wat getoets is, positief vir Covid-19 getoets. Windhoek het weer eens die hoogste getal en wel 163 nuwe gevalle gehad, 49% van die land se totaal. Onder gister se gevalle was 19 gesondheidswerkers, 13 studente, vyf leerlinge en drie onderwysers.

Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is 53% van die gevalle kontakte van bevestigde gevalle. Van dié kontakte het 45% simptome.

Uit die 2 050 aktiewe gevalle is 157 in die hospitaal en 29 in intensiewesorg­eenhede (ICU's). In Khomas is 94 in die hospitaal en 26 in ICU's, in Erongo is 20 in die hospitaal en twee in ICU's, in Omusati is 12 in die hospi­taal, in Hardap en Oshana onder­skeidelik is agt elk in die hospitaal, in ­Ohangwena is sewe in die hospitaal, ­Oshikoto het ses in die hospitaal en een in ICU, terwyl Kavango-Oos en Kunene onder­skeidelik een elk in die hospitaal het.

Nog 177 mense het herstel wat die totaal op 15 373 te staan bring. Dit sluit 81 in Khomas, ||Kharas 40, Erongo 27, Oshikoto 20, Kunene sewe en een elk in onderskeidelik Ohangwena en Omaheke in. Tot op hede is 182 969 weefselmonsters getoets, 4 149 kontakte word gemonitor en 992 mense is in kwarantyn.

Die Covid-19-verwante sterftes staan op 164. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!