Gesondheidsminister oor uitdagings
Leerlingdokters het weens logistieke probleme eerder as ’n geldgebrek steeds nie internskappe nie, sê die nuwe man aan die stuur.
Henriette Lamprecht - Dr. Kalumbi Shangula is sedert Desember verlede jaar die minister aan die stuur van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS).
In ‘n onderhoud met Republikein antwoord hy vrae oor alles van ’n kunsmatige tekort aan medikasie tot Namibiërs se traagheid om die erns van die huidige hepatitis E-uitbreking te besef.
Tenders vir die omheining van ‘n distrikhospitaal, wat vir die Khomasstreek in Windhoek beplan word, het reeds in die Staatskoerant verskyn. Gaan planne vir dié hospitaal steeds voort?
Planne gaan voort, maar die botte is gekanselleer omdat dit buite die tydsraamwerk van die Sentrale Verkrygingsraad geval het. Nuwe botte sal aangekondig word. Tans wil ons die gebied beveilig en terwyl die heining daar is, sal die proses van spesifikasies, die optrek van planne en ’n lewensvatbaarheidstudie begin.
’n Distrikhospitaal is werklik nodig, want die Khomasstreek se bevolking het toegeneem en die oorbevolking by bestaande gesondheidsgeriewe is ondraaglik. Ons moet die druk op die Katutura-hospitaal verlig. Ons probeer intussen om laasgenoemde hospitaal ‘n 24 uur-diens te maak. Daarvoor het ons bykomende personeel en geld nodig. Dit is ook waar leerlingdokters van die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool hul internskappe voltooi.
‘n Tender vir die verskaffing van antiretrovirale middels (ARV’s) is in Januarie vanjaar aan die Indiese maatskappy Mylan Laboratories toegeken. Dié besluit is egter weens besware van plaaslike farmaseutiese maatskappye herroep. Wat is die status van ARV’s in die land tot bogenoemde uitgeklaar is?
Dit word tans in die hof betwis en is tussen die Sentrale Verkrygingsraad, wat die tender toegeken het, en die party wat voel hulle is verontreg. Dit is ‘n aparte kwessie wat ons nie regtig raak nie. Intussen gaan ons voort om ARV’s aan te koop en het ons nie eintlik enige tekorte nie; ons gebruik steeds ander opsies om dit aan te koop.
Is dit nie ‘n baie duurder opsie om medisyne uit te koop nie?
Ons het verkieslik iemand op kontrak nodig by wie ons enige tyd kan bestel wat ons nodig het. Dit was die doel van ‘n tender by die Sentrale Verkrygingsraad – sodat ons te alle tye ‘n betroubare voorsieningsbron het. Dit is herhaalbaar, die prys is redelik en dit is waarom ons die spesifieke tenderaar gekies het. Die opsie om medisyne uit te koop, is normaalweg duur.
Studente verbonde aan Unam se mediese skool wat verlede jaar gegradueer het en reeds by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) as leerlingdokters geregistreer is, wag reeds maande op internskappe. Wanneer gaan hierdie studente uitgeplaas word?
Hulle moet net wag, uiteindelik gaan almal van hulle geplaas word. Daar is net logistieke kwessies in terme van spasie en waar om hulle te plaas, wat eers uitgesorteer moet word en uitstaande is. Hulle (die studente) sal almal opgeneem word.
Dit is dus nie ‘n geval van ‘n tekort aan geld om hul salarisse tydens hul internskappe te betaal nie?
Nee, dit is nie die geval nie. Uiteindelik gaan almal van hulle uitgeplaas word. ‘n Hospitaal moet ook by die HPCNA geakkrediteer word om te sê dit het die nodige geriewe en personeel om leerlingdokters op te lei. Tans het ons net die Katutura-, Sentrale-, Onandjokwe- en Oshakati-staatshospitale hiervoor. Ons voorneme is om die omstandighede te skep vir meer hospitale om geakkrediteer te word. Soos die getal leerlingdokters vermeerder, kan hulle by meer hospitale uitgeplaas word.
Bewerings van ’n gebrek aan medisyne by hospitale en klinieke is daagliks in die nuus. Is daar tekorte aan sekere medikasie by openbare gesondheidsgeriewe?
As sodanig is daar nie ‘n tekort aan medisyne nie. Die sentrale mediese stoor moet aan hoeveel hospitale, distrikhospitale, sentrums en klinieke verskaf; die logistieke aspek is baie groot. Die onus rus op gesondheidsgeriewe om te sê voorraad is min en ek moet bestel, nie om te wag tot dit op is nie. Meestal wag hulle te lank en teen die tyd wat die medisyne kom, is twee weke verby, waarin die pasiënt niks kon kry nie. Dit is wat ek ‘n kunsmatige tekort noem, wat deel is van logistieke bestuur.
Dit is dus nie die stelsel nie, maar die menslike faktor van vooruitbeplanning wat die probleem is?
Presies. As daar ‘n versoek was en ‘n bestelling is geplaas en die stoor het dit reeds na ander plekke gestuur, kan die medisyne uitgekoop word om te help. Maar jy vind ook een het dalk niks, terwyl ‘n ander meer as genoeg het. Dit is ‘n baie ingewikkelde logistieke stelsel, maar kan gedoen word. Dit is nie ‘n desperate situasie nie.
U beklee reeds ‘n paar maande die pos van minister. Wat sou u sê is die grootste struikelblokke wat die ministerie moet oorbrug?
Wat jy regtig nodig het, is menslike hulpbronne om die werk te doen. Dit is die kruks van die saak; jy het personeel nodig: dokters, verpleegsters, aptekers. Jy het al die gesondheidswerkers nodig wat veronderstel is om diens aan die nasie te lewer.
As jy nie die mense het wat jy nodig het nie, gaan jou planne natuurlik ontspoor. Soms het ons nie ‘n pos beskikbaar nie. Soos die bevolking groei, bly die aantal poste dieselfde. Iets wat eers deur een mens gedoen kon word, moet nou deur twee mense gedoen word, maar jy het net een pos beskikbaar. Dit beteken jy moet nog ‘n posisie skep. Daarvoor het jy geld nodig. Dit is ‘n reuseuitdaging.
‘n Groep gemeenskapsgesondheidswerkers wag sedert 2017 om in hul onderskeie gemeenskappe in diens van die ministerie uitgeplaas te word. Wanneer gaan hulle uitgeplaas word?
Sowat 1 600 werkers is reeds in die stelsel opgeneem, maar 600 moet nog uitgeplaas word. Ons werk daaraan, hulle sal uiteindelik uitgeplaas word.
Wat is u hoop vir die ministerie, is daar ‘n spesifieke doelwit wat u in u ampstermyn wil bereik?
Dit is ‘n baie moeilike vraag, want ek het baie wense. Iets wat ek baie graag wil sien, is dat die ministerie sy mandaat uitvoer om die Namibiese bevolking te bevorder.
Dit is makliker gesê as gedaan, want jy het die heeltyd nuwe uitdagings. Jy het ou siektes wat weer hul verskyning maak, jy het ‘n nuwe uitbreking, soos hepatitis E, wat ons moet bekamp. Dit het geen plek in Namibië nie en ons moet dit regtig uitwis. As ons voorheen ‘n uitbreking van polio gehad het, het ons dit uitgewis – en dít is meer ingewikkeld as hepatitis E.
Waarom sukkel Namibië dan om die uitbreking hok te slaan?
Daar is baie faktore. Nommer een is die houding van mense, want dit wil voorkom of hulle dink dit is nie ‘n ernstige siekte nie. Die gevoel wat ek kry, is dat hulle dit sien as iets soos ‘n verkoue of ‘n hoes; mense is nie ernstig daaroor nie. Met polio het almal verstaan dit is ‘n baie ernstige siekte en almal het ten volle saamgewerk. Miskien het dit nie die prominensie gekry wat dit verdien nie. Dit is hoekom ek vra vir skokterapie sodat mense die werklike gevaar kan sien en ons dit kan beveg. As mense kan besef hulle versprei dit self is ek seker ons sal in staat wees om dit te beheer.
U was vir ‘n ruk nie in die staatsdiens nie, voel u daar is ‘n verskil sedert u laas ‘n pos in die ministerie beklee het?
Natuurlik, die lewe is nooit staties nie, daar is altyd nuwe dinamika wat intree elke keer as vooruitgang gemaak is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie