Gesondheidsoase in hart van Grootfontein
Ronelle Rademeyer - Little Avenue op Grootfontein is net die plek om te besoek as ’n mens voel dit is tyd om jou batterye te herlaai.
Dié nuwe sentrum in die hartjie van Grootfontein is ’n ware gesondheidsoase.
Of dit is vir ’n noodsaaklike besoek aan die dokter, apteker of fisioterapeut, of sommer net vir ’n koffiekuier saam met ’n vriendin, ’n lekker pamperlang-sessie by die haarkapper of skoonheidsbehandeling by die skoonheidsalon, Little Avenue is die plek vir jou.
Hierdie sentrum is die sake-inisiatief en “baba” van die aptekerspaar Willanie de Man en Jeanne-Louis van der Merwe.
Dit huisves benewens hul apteek, Medi-Wize Pharmacy, ook twee dokters en ’n fisioterapeut se spreekkamers, ’n haarsalon, skoonheidsalon, bloemiste, deli- en koffiewinkel en ’n plastiekware-winkel.
Pragtige geskenke en huisware is ook hier te koop.
Die bouwerk aan die sentrum is in November verlede jaar voltooi, waarna die huurders hul onderskeie persele ingerig en begin sake doen het.
Willanie vertel sy het self die ontwerp van die gebou gedoen, waarna Three Link Construction hulle met die bouwerk gehelp het.
Sy het ook die ontwerp van die staal-toegangshekke, -naamborde en -handrelings self behartig. Dit gee ’n unieke gevoel aan die voorkoms van die kompleks. Toe die tyd hulle inhaal en die nood druk, het sy, met die hulp van haar handlanger, David, sommer self die sweiswerk ook gedoen.
Little Avenue is nie net ’n aanwins vir Grootfonteiners nie, maar ook ’n plek waar besoekers aan die dorp kan gaan uitspan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie