Gesondheidspersoneel vas vir korrupsie
Gesondheidspersoneel vas vir korrupsie

Gesondheidspersoneel vas vir korrupsie

Henriette Lamprecht
Agt huidige en voormalige werknemers van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is op aanklagte van korrupsie aangekeer.

Dit volg op ''n ondersoek deur die direktoraat van ondersoek en vervolging in die verdagtes se beweerde betrokkenheid by bedrieglike oortydeise, betalings vir verblyf en agterstallige uitbetalings van salarisse. Die ondersoek het ook gefokus op kontantbonusse wat ingedien en verwerk is op die finansiële stelsel, terwyl die verdagtes nooit oortyd gewerk het of op enige van die vergoedings geregtig was nie. Sodra die geld in die verdagtes se rekeninge betaal is, is die kontant met die boekhouer gedeel wat na bewering die meesterbrein agter die bedrog was. Eise ter waarde van meer as N$2 miljoen is ingedien en uitbetaal.

Die dossier is met die voltooiing van die ondersoek na die kantoor van die aanklaer-generaal gestuur wat besluit het die agt verdagtes moet op 426 klagte van bedrog en alternatiewelik diefstal in die hof verskyn. Hul hofverskyning was op 8 November en borgtog van onderskeidelik N$15 000, N$10 000, N$8 000 en N$5 000 is toegestaan. Die saak is tot 18 November uitgestel sodat die verdagtes vir regsverteenwoordiging kan aansoek doen.

Die aangeklaagdes is me. Jennifer Claasen (44), voormalige boekhouer by die MoHSS; me. Naomi Tangeni Nanus (60), voormalige verpleegster; me. Magrieta Sofia Januarie (55), voormalige verpleegster; me. Dalina Isaacs (56), verpleegster; mnr. Jurgen Eldon Julie (40), gesondheidsassis­tent; mnr. Heyman Nowaseb (34), arbeider; me. Fredrika Maria Katukui (32), skoonmaker en me. Hedwig Campbell (52), skoonmaker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!