Gesondheidswerker toets positief vir Covid
Volgens dr. Kalumbi Shangula het 16 uit die 25 bevestigde Covid-19-gevalle nou ten volle herstel.
Henriette Lamprecht - 'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, het die vrou einde Maart per bus na Suid-Afrika gereis en weer op 29 Mei per vliegtuig na Namibië teruggekeer. Sy is met haar aankoms onder kwarantyn geplaas waar sy positief vir Covid-19 getoets het.
Buiten vir 'n loopneus is haar toestand volgens Shangula bevredigend.
Met verwysing na Namibië se eerste twee gevalle, 'n Roemeense egpaar, het Shangula gesê, 79 dae nadat die 35-jarige man en die 25-jarige vrou positief vir Covid-19 getoets het, het hulle ten volle van die siekte herstel.
Die egpaar het op 11 Maart uit Madrid, Spanje, in Namibië aangekom en het op 13 Maart positief vir Covid-19 getoets.
Volgens Shangula sluit die egpaar se herstel die hoofstuk van Namibië se eerste 16 gevalle af.
“Dit het 45 dae geneem voordat ons ’n nuwe geval aangeteken het,” het Shangula gesê.
Volgens die minister is geval 22, ’n 63-jarige man van die kus, steeds aan ’n ventilator in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal in Walvisbaai gekoppel. Shangula sê sy toestand is steeds kritiek maar stabiel.
Uit die 25 bevestigde Covid-19-gevalle het 16 nou ten volle herstel.
Tot op hede is 3 970 weefselmonsters getoets en 378 kontakte word gemonitor, sê Shangula. Tans is 619 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie