Gesondheidswerkers sku vir Covid-naald
Gesondheidswerkers sku vir Covid-naald

Gesondheidswerkers sku vir Covid-naald

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Een uit 10 van alle gesondheidswerkers in Namibië het reeds Covid-19 opgedoen.

Volgens amptelike statistiek het meer as 2 200 tot dusver positief getoets, terwyl syfers van die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCNA) wys 23 287 gesondheidspraktisyns is by die raad geregistreer. Hiervan is 12 509 verpleegsters.

Die positiwiteitskoers onder gesondheidspersoneel wat in die voorste linies met pasiënte werk, sal aansienlik hoër wees aangesien die data gekwalifiseerdes in alle gesondheidsberoepe insluit. Teen gister kon die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste nie syfers verskaf oor presies hoeveel gesondheidswerkers reeds in Namibië teen Covid-19 ingeënt is nie.

In die sewedagsiklus tot Maandag het 71 gesondheidswerkers in die land positief vir Covid-19 getoets, 42% meer as die 50 gevalle in die vorige siklus van sewe dae.

Saam met die 11 gevalle wat gister tot die groep bygevoeg is, staan die totaal nou op 2 248.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se jongste verslag Maandag het gesondheidswerkers 4% van die totale aantal gevalle van meer as 51 000 in die land verteenwoordig. Die meeste was in die openbare sektor en wel 79%, gevolg deur die private sektor met 21% en die 0,2% van nieregeringsorganisasies. Die meeste van die positiewe gevalle was in Khomas.

Die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en hoof van die land se immuniseringsprogram teen Covid-19, me. Petronella Masabane, het dit as kommerwekkend beskryf.

Volgens Masabane herinner die ministerie gereeld bestuurders van gesondheidsgeriewe om by die vereiste protokol te hou en om seker te maak personeel word met die nodige persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) toegerus. Sy het erken dit is moeilik om te bepaal of die virus in die werksplek of in die gemeenskap opgetel word.

“Ons probeer sover as moontlik om gesondheidsgeriewe se druk te verminder, maar ruimte in sommige gesondheidsgeriewe is beperk en dit is moeilik om mense te beheer wat net instap. Pasiënte kan nie weggewys word nie.”

Masabane sê op nasionale vlak stuur die ministerie ook infeksievoorkoming- en beheerspanne na geriewe om te monitor dat protokols gehandhaaf word.

“Ek reken ook, maar kan dit nie bevestig dat Covid-19-moegheid ook ons personeel soos die res van die bevolking raak nie,” het sy gesê.

Volgens Masabane is gesondheidswerkers ook baie traag om hulle teen Covid-19 te laat inent, met die eerste fase van die immuniseringsveldtog wat juis op dié werkers gefokus het.

“Die reaksie was min, daarom dat ons dit vir almal oopgestel het.”

Me. Esme Botes, voorsitter van die Namibiese Vereniging vir Private Gesondheidsgeriewe (NAPH) het beaam dat gesondheidswerkers ook in dié sektor huiwerig is om hulle te laat immuniseer.

“Dis ’n baie groot bekommernis, die feit dat ons eie mense nie hulself wil laat immuniseer nie,” het Botes gesê.

Volgens Botes weet sy nie waar die weerstand teen dit vandaan kom nie. “Hulle werk met die (Covid-19)-pasiënte en sien wat dit situasie is.”

Teen Dinsdag het 56 759 persone hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Opvolgdosisse is tot dusver aan 3 780 van dié persone toegedien.

Ses bykomende sterftes is gister aan die virus toegeskryf. Die land se sterftesyfer staan nou op 739, ofte wel 1,43%.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!