Gespanne Kenia wag vir verkiesingsuitslae
Nadat mense in onluste dood is, het 'n gespanne toestand in Kenia geheers in afwagting op die finale uitslae in die land se algemene verkiesing.
Keniane was gister in gespanne afwagting van die finale uitslae van die presidentsverkiesing, met die huidige staatshoof, Uhuru Kenyatta, wat 'n stewige voorsprong geniet het.
Opposisieleiers sê daar is met die verkiesing gekonkel. Vier mense is dood in die onluste wat uitgebreek het. Internasionale waarnemersendings het vir kalmte en beheersdheid gevra nadat die protes uitgebreek het.
Kenyatta (55), wat vir 'n tweede termyn staan, het 'n goeie voorsprong gehad met 54% van die stemme teenoor sy grootste teenstander, Raila Odinga se 44,8%.
Odinga (72) sê die verkiesingsuitslae is 'n aanval teen die land se demokrasie. “Die algemene verkiesing van 2017 was bedrog,” het hy gesê.
Volgens die hoof van die verkiesingskommissie is die elektroniese verkiesingstelsel, wat 'n kernfaktor is om bedrog te voorkom, nie gekompromitteer nie.
Odinga se uitsprake was genoeg om die vonk in die plofbare politieke kruitvat te gooi en onluste het Woensdag uitgebreek in krotbuurte in Nairobi en die westelike stad Kisumu, waar sy steun die grootste is.
Twee mense is in Nairobi se Mathare-woonbuurt dood. Volgens die polisiehoof het die polisie op hulle geskiet nadat hulle die polisie met kapmesse aangeval het.
In die suidelike Tana-Rivierstreek is twee mense dood. Volgens die polisie het vyf mans by 'n sentrum waar stemme getel is, ingestorm en een persoon met 'n mes gesteek. Die polisie het twee van die groep doodgeskiet.
Herinneringe aan die 2007-geweldpleging is nog vars in Keniane se geheue. Meer as 1 100 mense is destyds ná die betwiste verkiesing dood.
“Ons bevind ons weer eens by 'n kruispad,” het die Daily Nation-koerant somber gewaarsku.
Internasionale waarnemers van die Afrika-unie, die Statebond en die Europese Unie was meestal vol lof vir die vreedsame wyse waarop stemdag verloop het.
In Nairobi se krotbuurte was die toestand gister gespanne, maar kalm. Polisievoertuie het die strate gepatrolleer.
– Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie