Gesprek oor voedselstelsel skop af
VN se wêreldberaad kom September
Augetto Graig - Vandag begin die nasionale gesprek oor die voedselstelsel in Namibië, ter voorbereiding van die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselstelselberaad wat in September afskop.
Die VN het lidlande genooi om ’n driestap-dialoogproses te volg om wye deelname van belanghebbers aan te moedig.
In ’n vrystelling gister het die ministerie van landbou, water en grondhervorming, met die Wêreldvoedselprogram (WFP) en die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), aangekondig dat Namibië se dialoog van 29 Julie tot 16 Augustus sal plaasvind.
Italië het tot gister ’n voorberaad in Rome aangebied, waar Pous Francis hongerte in die wêreld ’n skade genoem het, en as ’n skending van menseregte beskryf het, in ’n wêreld wat genoeg aan almal kan voorsien. Onvolhoubare voedselproduksie wêreldwyd het ’n toename in hongerte, ’n derde van alle emissies en ook 80% aan die verlies van biodiversiteit te weeg gebring, volgens die sekretaris-generaal van die VN, mnr. António Guterres.
Hy sê tot 811 miljoen mense het in 2020 hongerte ervaar, ongeveer 161 miljoen meer as in 2019.
By Maandag se opening van die voorberaad het hy gesê; “Ons is ernstig van koers af om die Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling (SDG's) teen 2030 te bereik.”
By dieselfde geleentheid het die VN se adjunk-sekretaris-generaal, me. Amina Mohammed, gesê: “Daar is nie een maatstaf wat almal pas nie. Ons moet land tot land, streek tot streek, gemeenskap tot gemeenskap werk, om te verseker dat die diversiteit aan behoeftes aandag geniet, om elke werklikheid te ondersteun. Dieselfde geld vir ons voedselstelsels en die veranderinge wat nodig is vir ons om die wêreld te kan voed.”
Vandag se virtuele geleentheid sal handel oor produksiestelsels en omgewingsvolhoubaarheid in Namibië, bevordering van beste landbou- en omgewingsbewaringspraktyke en begin om 09:00. Die webskakel is https://undp.zoom.us/j/84584189895?
Meatco se hoofbeampte, mnr. Mushokabanji Mwilima, sal die gesprek lei en die sprekers sluit in me. Maria Amakali, prof. Percy Chinwamurombe, me. Mildred Kambinga, mnr. Desmond Cloete, mnr. Progress Kashandula en dr. Hupenyu Mpambwa.
Soortgelyke geleenthede is vir Vrydag en volgende week Maandag en Dinsdag beplan terwyl streekkonsultasies met goewerneure, streekbeamptes en raadslede op 4 en 5 Augustus plaasvind en gesprekke met staatsondernemings, boereverenigings, vakbonde, kleinhandelaars en belanghebbers vir landbou-insette op 6 Augustus.
Op 9 Augustus moet die staat met wetgewers vergader, en op 10 Augustus is nieregerings- en burgerlike organisasies, ambassades en tegniese samewerkingsondernemings aan die beurt. ’n Nasionale slypskool word vir 16 Augustus beplan om Namibië se beleid te bekragtig.
Die Namibiese regering het die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, as die nasionale sameroeper benoem. Ander kampvegters in voedstelselverandering word uitgenooi om te verseker die nasionale dialoog baan die weg na volhoubare voedselstelsels en toon ondersteuning daarvoor in voorbereiding van die wêreldberaad.
“Die voedselstelselberaad bied ’n kragtige geleentheid om mense oral ’n plek om die tafel by hierdie mylpaal VN-beraad te gee,” lui die vrystelling. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie