Gesprekke begin oor inligtingswet
Wetgewing om hokaairoepers te beskerm wat korrupsie en ander onwettighede ontbloot, behoort teen September vanjaar voor die Nasionale Vergadering te dien.
Hierbenewens werk die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie hard daaraan om die standaard van ministeriële woordvoerders se werk te verbeter. Voorts sal alle ministeries in die toekoms sosiale media begin inspan om hul pligte na te kom.
Die ministerie het gister tydens die amptelike viering van Wêrelddag vir Persvryheid in Windhoek ook aangekondig dat alle belanghebbendes binnekort byeengeroep sal word om oor die inhoud van wetgewing te besin wat toegang tot inligting sal verseker wanneer dit in die openbare belang is.
Hierdie onderneming is deur adjunkminister Stanley Simataa gegee in ’n toespraak wat deur mnr. Frans Nghitila, direkteur vir media in die ministerie, namens hom voorgelees is. Hierin het die regering hom herverbind tot die bevordering van vryheid van uitdrukking en mediavryheid. Struikelblokke in die weg van hierdie fundamentele regte sal volgens Simataa deurlopend afgetakel word.
Volgens mnr. Joseph Ailonga, voorsitter van die Redakteursforum van Namibië (EFN), het inwoners danksy die land se demokratiese regering groot hoop vir die toekoms. Die media is volgens hom reg om planne vir vooruitgang te ondersteun, maar sal korrupsie genadeloos aan die kaak stel. “Dit is ons plig,” het Ailonga benadruk. Die Europese Unie se ambassadeur in Namibië, me. Jana Hybaskova, het gesê sy het al in verskeie oorlogsones diens gedoen. Teen die agtergrond is die mediavryheid en groot verskeidenheid menings en nuus in die land vir haar verfrissend en lofwaardig.
Die meeste sprekers het op die belang van korrekte en goeie nuusrapportering gewys.
Mnr. Rod April, waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese Nasionale Kommissie vir Unesco, het gesê die mag van woord en beeld moet ’n beter wêreld help bou, geregtigheid verseker en inwoners bemagtig. Soos met die aanvaarding van die deurslaggewende Windhoek-verklaring oor persvryheid 25 jaar gelede, kan Namibië volgens April ’n sleutelvoorbeeld stel met die nakoming van die Verenigde Nasies se nuwe volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s).
Internasionale boodskappe is gelewer deur me. Kiki Gbeho, VN-koördineerder in die land, en dr. Jean-Pierre Ilboudo van Unesco. Beide het die VN se verbintenis tot die beskerming van joernaliste benadruk.
In 2015 het 110 joernaliste wêreldwyd gesterf. Gemiddeld sterf daar elke vyf dae ’n joernalis, het Gbeho gesê.
Ilboudo het die noodsaak van wetgewing oor toegang tot inligting pertinent uitgesonder. Die media moet volgens hom altyd teen sensuur beskerm word en regerings mag ook nie soos dikwels gebeur in hul eie belang sosiale media-netwerke stilmaak nie. Selfregulering bly volgens Ilboudo die internasionaal aanvaarde beste praktyk om media-etiek en goeie mediastandaarde af te dwing.
Misa se streekdirekteur, me. Zoe Titus, het gesê dit is kommerwekkend dat verskeie regerings in Suider-Afrika groter beheer oor die media wil uitoefen en hul magte wil uitbrei om kommunikasie te monitor, byvoorbeeld deur afluistering.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie