Gesprekke oor aborsie kom, sê parlement
Drie klagskrifte oor aborsie is na die parlement se staande komitee oor geslag en gesinsake verwys.
Jana-Mari Smith
Namibiërs ten gunste van reproduktiewe regte en die hervorming van die aborsiewet, en diegene wat ’n stryd voer om die huidige aborsiewet te behou, sal die kans gegun word om hul mening voor parlementslede te lug.
Mnr. David Nahongandja, die parlementêre woordvoerder, het verlede week gesê die datums van die openbare gespreksessies oor aborsie moet nog bepaal word.
Dié beplande sessies spruit uit die herlewing van die pro-keuse-beweging in die middel van 2020, toe groot protesoptogte in Namibië ontstaan het en meer as 62 000 pro-keuse-Namibiërs ’n klagskrif ten gunste van die wettiging van aborsie onderteken het.
Die hervatting van die aborsiedebat het 'n oproering veroorsaak onder diegene wat gekant is teen die hervorming van die Wet op Aborsie en Sterilisasie 2 van 1975, wat uit die apartheidsera dateer.
‘n Klagskrif getiteld “Pro-life” is meer as 15 000 keer onderteken.
Nahongandja het gesê die parlement het verlede jaar ook ’n derde klagskrif ontvang – onderteken deur lede van die Omaheke-koalisie van kerke.
Die drie klagskrifte is na die parlement se staande komitee oor geslag en gesinsake verwys.
Die komitee het op 20 September vanjaar besluit om eers die twee groter openbare klagskrifte te oorweeg.
“Weens die regsaspekte verbonde aan die klagskrif, het die komitee ook ingestem om gesamentlike openbare gespreksessies saam met die komitee oor grondwetlike en regsake aan te bied,” het hy gesê.
Die sessies sal in Windhoek en in die streke gehou word.
Hy het gesê die komitee sal op ’n datum en plekke besluit wanneer hulle weer vergader.
AGTERGROND
Die Namibiese aborsiewet is in 1996 in Suid-Afrika geskrap, wat plek gemaak het vir wettige toegang tot veilige aborsies in die buurland. Baie Namibiërs wat dit kan bekostig, reis na Suid-Afrika om veilige aborsies te kry.
Regs- en menseregte-aktiviste het daarop gewys dat selfs in gevalle waar aborsie in Namibië toegelaat word – soos bloedskande, verkragting en in mediese noodgevalle – is dit ’n moeilike taak.
Die Regshulpsentrum (LAC) het die nodige stappe uiteengesit.
Twee mediese praktisyns moet ’n sertifikaat verskaf wat die gronde vir aborsie bevestig. Waar die gronde vir die aborsie onwettige seksuele omgang is (verkragting of bloedskande), is ’n sertifikaat van 'n landdros ook nodig.
In enige ander omstandighede is aborsie 'n strafregtelike oortreding vir beide die vrou wat die aborsie wil hê en die persoon wat dit uitvoer. Die straf is ’n boete van tot N$5 000 of gevangenisstraf van tot vyf jaar, of albei.
“Die kriminalisering van aborsie het baie Namibiese vroue tot onveilige aborsies gedryf. Die bydrae wat onveilige aborsies in sterftes onder moeders lewer, is nie bekend nie, maar die beskikbare data dui daarop dat dit vir 12 % tot 16% van die jaarlikse sterftes onder moeders verantwoordelik is,” het die LAC verlede jaar geskryf. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie