Gesteelde miljoene vind glo weg na Namibië
Die Namibiese polisiehoof sê bewyse kon nie gevind word dat David Immanuel by geldwassery betrokke was nie.
Ronelle Rademeyer
Amerikaanse dollars wat na bewering by ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaanse politikus gesteel is, het glo hul weg na Namibië gevind.
Die geld is na bewering gebruik om eiendom in die Omusatistreek te koop, asook om luukse voertuie en ander luukshede aan te skaf.
Die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het by navraag erken ondersoek is ingestel om vas te stel of David Immanuel (36), wat op 12 Junie die Oranjerivier by Noordoewer onwettig in ’n kano oorgesteek het, by geldwassery in Namibië betrokke was.
Immanuel is ’n gebore Namibiër, maar woon reeds jare lank in Suid-Afrika en beskik oor Suid-Afrikaanse burgerskap. Hy was volgens inligting in die private sekuriteitsbedryf in die buurland werksaam.
Volgens ’n ingeligte bron in Suid-Afrika is saamgespan om Amerikaanse dollars by ’n bekende politikus te steel nadat inligting oor die berging daarvan op sy plaas uitgelap is. Van dié geld is na bewering vóór die grendeltyd oor die grens na Namibië gesmokkel.
Dit blyk uit dokumentasie in Republikein se besit Immanuel se ID-nommer, 8407055307085 I, stem ooreen met dié van ene Imanuwela David, wat by die Suid-Afrikaanse regulerende owerheid vir die private sekuriteitsbedryf, PSIRA, geregistreer is.
Immanuel gebruik op sosialemedia-platforms soos Facebook en Instagram die naam Imanuwela David.
Ndeitunga het by navraag gesê daar was vermoedens dat geld wat in Suid-Afrika gesteel is, in Namibië gewas is – onder meer deur eiendom in die Omusatistreek te koop. “Daar was ook sprake van voertuie wat gekoop is. Maar ons kon hom nie direk met die bewering verbind nie,” sê hy.
Die polisiebaas sê hy dra nie kennis van ’n voorval waartydens geld op die plaas van ’n Suid-Afrikaanse politikus gesteel is nie.
Immanuel is op 13 November in die landdroshof op Noordoewer tot N$20 000 beboet nadat hy skuld beken het op die twee klagte wat ná sy inhegtenisneming op 13 Junie in Windhoek teen hom ingedien is.
Die een klag was vir ’n oortreding van die Immigrasiewet en die ander het verband gehou met die feit dat hy nie die Amerikaanse dollars en ander items in sy besit by Doeane en Aksyns verklaar het toe hy die land binnegekom het nie.
Benewens elf US$100-note, is ’n Rolex-horlosie ter waarde van N$280 000, ’n TAG Heuer-horlosie ter waarde van N$28 000, verskeie selfone en ’n goue ketting met ’n Krugerrand daaraan by hom gevind toe hy deur die polisie in hegtenis geneem is.
Adj.komm. Chrispin Mubebo, koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, het aan Republikein gesê dié items is aan hom terugbesorg nadat hy die boete betaal en vrygelaat is.
Volgens Mubebo is Immanuel ná die hofverrigtinge op Noordoewer aan die immigrasie-owerheid by die grenspos oorhandig sodat hy na Suid-Afrika gedeporteer kon word.
Immanuel het gister by navraag aan Republikein gesê hy dra nie kennis van dié beweringe nie en ontken dat hy by dié vermeende voorval in die buurland betrokke was.
Hy het egter kort daarna teruggebel en vir ’n ontmoeting in persoon gevra. Op ’n vraag hoe dit sou moontlik wees aangesien hy hom in Suid-Afrika bevind, het hy gesê hy is terug in Windhoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie