Gesteelde perde gevind
Die Namibiese polisie het twee gesteelde perde Vrydag by Otjimbingwe teruggekry.
Twee mans van 21 en 25 jaar oud is in hegtenis geneem en sal vandag op aanklagte van veediefstal in die hof op Karibib verskyn.
Volgens die polisie is die perde op die plaas Daweb Saub no. 29 gesteel.
Een van die perde is 'n warmbloed- dressuur merrie wat N$300 000 werd is. Die ander perd is 'n volbloed hings wat N$5 000 werd is.
'n Warmbloed is 'n perd wat oor erkende sportperdbloedlyne van minstens vyf geslagte terug beskik en deur wêreldbekende teelverenigings ondersoek en geregistreer is om uit te blink in dressuur en/of perdeskoue.
“Die perde is in eenheid D van die Oshiwa-hervestigingplaas by Otjimbingwe gevind,” het adj.komm. Erastus Ikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, gesê.– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie