Gestrande boggelrugwalvis gered

Erwin Leuschner
Erwin Leuschner op Walvisbaai



'n Walvis wat Maandag by Sandvishawe op Walvisbaai gestrand was, is danksy die vinnige reaksie van omgewingskundiges en vrywilligers, terug in die water geplaas.

“Dit was seker die 10de geval van 'n gestrande walvis waaraan ek deelgeneem het, maar dit was die eerste keer dat dit suksesvol was,” het mnr. Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia (OCN) gesê.

Volgens die OCN was dit 'n jong boggelrugwalvis.

Dreyer en lede van die Namibia Dolphin Project het drie uur lank probeer om die walvis weer in die water te kry en was op die punt om moed op te gee.

“Die walvis het moeilik begin asemhaal en hy het nie probeer swem nie. Op die laaste nippertjie was daar 'n paar groot branders en genoeg water wat hom ­toegelaat het om dieper in die water te swem,” het OCN gesê.

OCN het Red Dune Safaris Namibia, Travel Uncharted Tours, Mola Mola Safaris Namibia en Sandwich Harbour 4x4 bedank vir hul bydrae tot die redding.

“Hierdie sukses gee ons krag en moed vir die volgende walvis­strandings,” het hulle gesê.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!