Gestremde atlete oes groot in Bloem

Tielman vanlill
’n Span van 12 Paralimpiese atlete het verlede week in Bloemfontein met groot sukses aan die Suid-Afrikaanse Ope atletiekkampioenskap deelgeneem en 17 medaljes opgeraap.
Die 12 atlete wat deur die Namibiese Paralimpiese Komitee gekies is om die landsvlag met trots in die Mangaungstadion te laat wapper, het die afgelope maande aan die A- en B-kwalifiserende standaarde voldoen.
Sterre soos Wayde van Niekerk, die Suid-Afrikaanse rekordhouer in die 400 m (43.48 s) en huidige wêreldkampioen, asook Godfrey Mokoena wat met die SA drie- en verspringrekords spog (17.35 en 8.50 m), was ook by die geleentheid in aksie.
Namibiese atlete soos Ernst Narib (400 m), Hardus Maritz (400 m hekkies), Roger Haitengi (driesprong) en FC Pieterse (110 m hekkies) was ook daar om hul landgenote aan te spoor. Haitengi het goud en Maritz silwer in hul onderskeie items gewen.
Die kompetise is onder die vaandel van die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) en die IAAF as ’n kwalifiserende ronde aangebied waar beide atletiekkodes die kans gehad het om vir die 2016 Olimpiese of Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro te kwalifiseer.
Die 17 medaljes wat vir Namibië gewen was, sluit sewe goue, ses silwer- en vier bronsmedaljes in. Die baanwedlope het die meeste medaljes (13) opgelewer het. Moses Tobias het puik in die 100 m (T 13) gevaar waar hy sy persoonlike beste tyd van 12.15 s opgestel het.
Die kompetisie was net die regte medisyne vir Namibië se gestremde atlete om hulself voor te berei en ondervinding van taai kompetisie op te doen. Die Namibiese Paralimpiese Komitee (NPK) beplan om sy span van 12 lede na nog ’n paar byeenkomste te stuur voor dit tyd word om na Rio te vertrek.
Volgens die NPK het sy atlete met indrukwekkende resultate die afgelope tyd teruggekeer en kan met die regte ondersteuning en hulp nog beter vaar.
“Ons bedank die direktoraat van sport asook die ministerie van jeug, sport en nasionale diens vir hul volgehoue steun en borgskap wat die reis na Bloemfontein moontlik gemaak het. Coca-Cola Namibië is ons amptelike borg vir koeldrank en energiedrankies om hul beste te kan lewer.
“Die publiek kan ook ons atlete finansieel ondersteun deur #GOLDFOR RIO per SMS na 28282 te stuur,” het die verklaring van die NPK gelees.
Die Namibiese medaljewenners:
Johanna Benson (T37) silwer in 400 m (69.03 s), goud in 100 m (14.90 s), silwer in verspring (3.76 m).
Lahja Ishitile (T11) brons in 400 m (64.92 s), goud in 200 m (27.45 s).
Ananias Shikongo (T11) goud in 100 m (11.69 s), goud in 200 m (23.76 s), goud in 400 m (51.85 s).
Elias Ndimulunde (T46) goud in 400 m (50.73 s).
Johannes Nambala (T13) goud in 400 m (50.21 s), silwer in 100 m (11.32 s).
Martin Aloysius (T12) brons in 400 m (53.22 s), silwer in verspring (5.49 m).
Ringo Garoeb (T46) brons in 400 m (53.52 s).
Moses Tobias (T11) silwer in 200 m (25.05 s), brons in 100 m (12.15 s).
Eino Mushila (T13) silwer in 400 m (55.28 s).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!