Gestremdes: Beloftes nie vervul
Siggestremde kinders in hoofstroomskole word gedwing om “op die bord te kyk” omdat onderrigmateriaal vir dié leerlinge te duur is.
Henriette Lamprecht - Byna 100 000 mense met gestremdhede in Namibië is uitgelewer aan ’n algemene gebrek van beide die openbare en die private sektor om struikelblokke en hindernisse uit die weg te ruim wat hulle weerhou van toegang tot geboue, paaie, vervoer, skole, huise en mediese geriewe.
Dít ten spyte van die feit dat die Nasionale Vergadering (NV) reeds in Julie 1997 die nasionale beleid vir gestremdheid aanvaar het, wat gelei het tot die Wet op die Nasionale Raad vir Gestremdes van 2004.
Hoewel die beleid in 1997 reeds aanvaar is, bly die meeste van die beloftes hierin vervat egter onvervul.
“Die hartseer werklikheid is dat die Nasionale Raad vir Gestremdes versuim om sy regspligte onder die wet en die beleid na te kom,” lui ’n verslag van die kantoor van die ombudsman wat op onder meer rassediskriminasie en diskriminasie in die algemeen gefokus het.
Die aantal mense met gestremdhede in Namibië het van 42 932 in 1991 tot 85 567 in 2001 en 98 413 in 2011 gestyg. Hiervan was 51 125 vroulik en 48 288 manlik.
Terminologie wat na mense met gestremdhede verwys, is nie net beledigend nie, maar volgens die verslag ook dikwels neerhalend.
Gestremdes word toegang tot dienste geweier wat kan help met hul “normalisering”.
Dit sluit in dat hulle nie vroeg geïdentifiseer word nie, dat daar nie vroeg ingegryp word nie en dat daar nie naastenby genoeg terapeute en gespesialiseerde beroepslui is nie.
Weens ’n gebrek aan visuele en gedrukte materiaal in braille en grootdruk word toegang tot inligting gekortwiek. Daar is ook ’n gebrek aan toegang tot tersiêre onderrig weens ’n gebrek aan ervare tolke van gebaretaal, en ’n gebrek aan onderskeid tussen akademiese en beroepsgerigte strome by skole.
Siggestremde kinders in hoofstroomskole word gedwing om “op die bord te kyk” omdat onderrigmateriaal vir dié leerlinge te duur is.
Gestremdes in Namibië het geen gelyke werkgeleenthede nie, terwyl geen redelike maatreëls bestaan om hul beperkinge te akkommodeer nie.
Weens ’n gebrek aan gelyke toegang tot grond trek gestremdes geen voordeel uit die massabehuisingprojek nie.
“Gestremdes het gevra vir direkte en nie indirekte insluiting nie, met bepalings wat gemaak is wat gestremdes nie van die begin af by nasionale ontwikkelingsprojekte insluit nie.”
Weens wanopvattings en wanvoorstelling deur die gemeenskap is daar ’n gebrek aan inklusiwiteit.
Hoë werkloosheidsyfers kom voorts onder gestremdes voor as gevolg van ’n gebrek aan gelyke werkgeleenthede.
Daar is ook ’n gebrek aan of minimale wetlike regulasies wat bewusmaking en insluiting van gestremdes in diensverskaffing en in sosioëkonomiese ontwikkelingsprogramme bevorder.
“Die huidige nasionale programme en dienste staar reusestruikelblokke in die gesig omdat daar geen geestesgesondheidsdienste is wat gestremdes, hul families en ook die breë publiek help om die belangrikheid van die ondersteuning en insluiting van diverse mense in ons gemeenskappe uit te lig nie.”
Volgens die verslag is daar ook bitter min gelyke sportgeleenthede vir gestremdes weens ’n gebrek aan beskikbare hulpbronne.
Hoewel die regering toelae aan kinders met gestremdhede toeken, is dit egter kommerwekkend dat slegs 10% van dié kinders dit ontvang.
Kinders met gestremdhede, veral meisies en dié wat in landelike gebiede woon, staar steeds verskeie vorme van diskriminasie en ernstige struikelblokke in die gesig.
Dit sluit in beperkte toegang tot onderrig, gesondheidsorg en ander maatskaplike dienste.
“Die vestiging van verskillende strukture en beleide het nie tot voldoende gekoördineerde en daadwerklike optrede vir kinders met gestremdhede gelei nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie