u2018Getroud met rugbyu2019-paartjie eersdaags op Namibiese verhou00eb
u2018Getroud met rugbyu2019-paartjie eersdaags op Namibiese verhou00eb

‘Getroud met rugby’-paartjie eersdaags op Namibiese verhoë

Die akteurspaar Christel van den Bergh en David Louw, wat bekend is vir hul rolle as die TV-egpaar Simon en Renate Greeff op kykNET se Getroud met rugby, kom maak eersdaags ’n draai in Namibië om hul nuwe komedie-verhoogstuk Trou is nie perdekoop nie in nege verskillende dorpe oraloor die land op te voer.

Dit sal dié toneelstuk, wat deur David neergepen is, se debuutverskyning wees en die paartjie sê hulle is baie opgewonde om in Namibië te kom kuier.

Hul toer skop op 4 Februarie in Windhoek af en eindig op 18 Februarie in Swakopmund. Hulle sal ook draaie maak in dorpe soos Outjo en Aranos!

WAAROOR GAAN DIT?

Milan en Daniel is ’n jong paartjie in hul vroeë dertigs, ongetroud, maar reeds amper drie jaar in ’n ernstige verhouding. Hulle bly in Daniel se ma se tuinwoonstel in Westcliff, Johannesburg. Hulle is ’n “power couple” – hulle werk hard, is ongelooflik lief vir mekaar, deel dieselfde doelwitte en soek dieselfde uit die lewe … of soort van. Milan wil trou en Daniel glo nie in trou nie. Game on!

Vanaand is die aand wat die poppe gaan dans. Hulle altwee bring hulle “A game” en die handskoene kom af. Daniel gaan probeer om Milan van plan te laat verander; Milan gaan met niks minder as ’n troue tevrede wees nie.

Gaan hul paadjies skei of gaan hulle die pad saam aandurf? Gaan hulle hierdie perd opsaal en besef trou is nie perdekoop nie?

DATUMS

4 Februarie – Windhoek

5 Februarie – Windhoek

7 Februarie – Gobabis

8 Februarie – Aranos

10 Februarie – Mariental

11 Februarie – Otjiwarongo

12 Februarie – Tsumeb

14 Februarie – Outjo

16 Februarie – Walvisbaai

18 Februarie – Swakopmund

Kaartjies is aanlyn op Quicket beskikbaar teen N$150.

Kommentaar

Republikein 2025-04-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer