Getuies voor OBK-kommissie met dood gedreig
Sibongile Khumalo – Getuies wat reeds voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) verskyn het of wat beplan om dit te doen, word glo met die dood gedreig.
Thabi Leoka, woordvoerder van die kommissie, sê sommige getuies het doodsdreigemente via naamlose teksboodskappe ontvang.
“Die getuienisleier het ons van die dreigemente vertel. Die dreigemente is gemaak deur mense wat getuig het,” sê Leoka.
Sy kon om veiligheidsredes nie die name van die betrokke getuies bekend maak nie.
Leoka sê die saak is reeds aan die polisie oorhandig.
Gedurende die eerste twee openbare sittings oor gebeure by die OBK is getuig hoe die belegger R4,3 miljard in dr. Iqbal Survé se Ayo Technology Solutions belê het.
Hulle het ook getuig hoe Survé probeer het om die OBK te oortuig om in Sagarmatha – nóg een van sy maatskappye – te belê voor dit op die JSE sou noteer.
Dié transaksie het egter nie gerealiseer nie.
Victor Seanie, geskorste assistent-portefeuljebestuurder by die OBK, het getuig dat Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK, sy mag gebruik het om die Ayo-transaksie goed te keur sonder om die nodige prosesse te volg.
Luidens Seanie se getuienis was Survé en Matjila vriende. Hy het verder getuig dat die OBK nie die geleentheid gebied is om oor die aandeleprys van R43 per aandeel te onderhandel nie. Dit was ongeag die feit dat daar kommer was dat dit oorgewaardeer was.
Ayo-aandele het meer as die helfte van hul waarde verloor sedert die maatskappy in Desember 2017 op die JSE genoteer het.
Ondersoek
Die OBK wat R2 080 miljard bestuur, word van korrupsie en ongerymdhede beskuldig.
’n Groot deel van die geld wat hy bestuur, is staatsamptenare se pensioene.
Pres. Cyril Ramaphosa het die kommissie in 2018 in die lewe geroep.
Die kommissie moet Vrydag sy voorlopige verslag aan Ramaphosa stuur.
Leoka het bevestig dat die verslag wel gestuur sal word.
“Die tussentydse verslag is reg en sal Vrydag by die president afgelewer word,” sê sy.
Leoka sê hulle is bekommerd dat die doodsdreigemente ander kan afskrik om te getuig.
Sy sê egter daar is mense wat bereid is om te getuig.
Die kommissie hervat sy sittings op 25 Februarie.
– Fin24/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie