Gevaar skuil dalk in dié ou mynhope
Elise Tempelhoff - Wetenskaplikes wat die hare ontleed het van mense wat naby ou goudmynhope in Gauteng woon, sê dié mense word aan uraan blootgestel en dat dit hul gesondheid kan raak.
Hul verslag, wat beskou kan word as die eerste stap na ’n volledige epidemiologiese studie om ’n moontlike verband te vind tussen die ou goudmynhope aan die Witwatersrand en die siektes waaraan mense in die omgewing ly, is verlede week in die wetenskaptydskrif Plos One gepubliseer.
Wetenskaplikes van die internasionale agentskap vir kankernavorsing (IARC), met die hulp van navorsers op die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus, het vasgestel die uraankonsentrasies in die hare van mense – meestal armoediges – wat langs die mynhope woon, is besonder hoog.
Die hare van 1 332 mense is ontleed, lui die verslag, “Human exposure to uranium in South African gold mining areas using barber-based hair sampling”.
Die studie is ’n eerste stap na ’n volledige epidemiologiese studie om vas te stel of mense wat in gebiede woon wat weens goudmynbedrywighede swaar metale en veral uraan opge-neem het, ’n groter voorkoms van kanker toon.
NAVORSINGSGROEP
Mariette Liefferink, direkteur van die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing (FVO), het gister gesê sy het ’n klompie jare gelede met een van die outeurs, prof. Frank Winde, hoof van die navorsingsgroep vir mynwater aan die NWU, begin saamwerk en hare bymekaar begin maak.
Sy het by verskeie haarsalonne in onder meer Kagiso, Khutsong, Azaadville, Mindalore, Diepkloof en Noordgesig hare versamel.
Al die mense wie se hare versamel is, woon in gebiede om die Wonderfonteinspruit.
Randburg, Laudium en Alexandra is as kontrolegebiede gebruik en hare is ook daar verkry.
Die outeurs wys daarop dat inwoners van gebiede om die Wonderfonteinspruit aan swaar metale blootgestel word deurdat hulle moontlik water hieruit drink, vis uit die besmette rivier eet en die mynstof inasem.
Die navorsers verwys ook na die navorsing wat die afgelope tien jaar in die gebied gedoen is en daarop dui dat radioaktiewe gifstowwe reeds in Suid-Afrika se voedselketting beland het.
Honderdduisende mense moes dit al ingeneem het. Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Neksa) het in 2007 navorsingsresultate onthul dat radioaktiewe stowwe gekry is in aspersies, hawermout en uie wat naby die Gerhard Minnebron-veenland in die Wonderfonteinspruit-gebied geproduseer word.
Neksa het bevind die radioaktiewe stowwe wat in dié produkte gekry is, was drie keer die veilige toelaatbare vlak vir menslike inname. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie