‘Gevaarligte flikker vir openbare verkryging’
Volgens die IPPR sukkel die regering met die toepassing van die openbare verkrygingswet.
Elvira Hattingh - ’n Gebrek aan bevoegdheid en professionaliteit is die hoofrede waarom die openbare verkrygingstelsel onderpresteer en grootliks wanfunksioneel is.
Volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) se mnr. Frederico Links is kapasiteit reeds sedert 2015 ’n probleem en belemmer dit die behoorlike toepassing van die openbare verkrygingswet.
“Dit het sedert April 2017, toe die wet in werking gestel is, al duideliker geraak Namibië se openbare sektor het ’n ernstige tekort aan die nodige vaardighede en kennis om ’n moderne en doeltreffende openbare verkrygingstelsel te bestuur,” sê Links.
Hy meen van die openbare verkrygingstelsel se grootste probleme sluit in dat die wet nie na behore nagekom word nie en dat daar ’n gebrek aan kapasiteit by die sentrale verkrygingsraad (CPBN) en die verkrygingsbeleideenheid (PPU) is.
Boonop is daar ’n algemene tekort aan kennis oor verkryging, terwyl vertragings in die opstel en toepassing van regulasies, asook korrupsie in verkrygingsprosesse, -transaksies en -kontrakte uitdagings meebring.
“Volgens wet is die verkrygingsbeleideenheid (PPU) verantwoordelik vir opleiding en die handhawing van die nodige standaarde binne die stelsel, maar dit is duidelik die PPU het self ook ’n gebrek aan kapasiteit,” sê Links.
SÓ LYK VAARDIGHEDE
Hy sê ’n konsep- strategiese dokument dui aan die meeste tegniese verkrygingspersoneel het minstens ’n graad in ’n professionele rigting, terwyl openbare verkrygingspersoneel in die algemeen nie ’n formele kursus in aankope of verskaffingsbestuur gevolg het nie.
“Die meeste het graad 10 of 12.”
Volgens Links dui die dokument ook aan sowat 1 000 beamptes by ministeries, agentskappe, SOE’s en plaaslike owerhede benodig opleiding.
“Die dokument stel ook duidelik indien alle beplande opleidingsmaatreëls ingestel word en goed werk, sal dit sowat 10 jaar neem om die openbare verkrygingstelsel professioneel te laat funksioneer.”
Links sê verskeie ingrypings word voorgestel.
Politieke uitlatings vroeër vanjaar dui aan dié strategie moet nog geïmplementeer word, wat kan beteken die openbare verkrygingstelsel sal eers ná 2030 optimaal funksioneer.
“Ernstige gebreke in kapasiteit op alle staatsvlakke kan tot twyfelagtige praktyke en kulture lei wat nie die toepaslike wette nakom nie. Dit kan korrupsie veroorsaak.
“As die praktyke eers ’n vastrapplek in die stelsel vind, kan dit baie moeilik wees om daarvan ontslae te raak,” sê Links.
Hy sê ander probleme van die stelsel sluit in die vertragings in of nienakoming van ministeriële opdragte en versoeke, asook die stadige verwerking van ’n bod of goedkeuring vir verkryging.
“Verdere kwessies is die afwesigheid van kern- bie-dokumente en standaard kontrakte, asook ’n algemene gebrek aan deursigtigheid, veral as dit by kwytskeldings en nood- verkrygingstransaksies kom,” sê Links.
Hy het verskeie voorbeelde genoem waar openbare verkryging in die nuus was.
“Die openbare verkrygingswet bly ’n problematiese raamwerk vir die regering om by aan te pas en die risiko bestaan die swak implementering hiervan kan deursigtigheid, aanspreeklikheid, integriteit en waarde permanent verswak,” sê Links.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie