Geval 32: Taakspan ondersoek gemeenskapsoordrag
Henriette Lamprecht – Die jongste geval van Covid-19 is 'n vrou wat vir die gevangenisdiens op Walvisbaai werk en wat geen reisgeskiedenis het en nie in kontak was met iemand wat Covid-19 onder lede het nie.
Die 31-jarige vrou is Namibië se 32ste bevestigde Covid-19-geval.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, het die vrou op 11 Junie ’n private dokter besoek aangesien sy simptome van die siekte gehad het. Dit het ‘n hoes en ‘n verlies aan reuk ingesluit.
Dr. Bernhard Haufiku, koördineerder van die Covid-19-taakspan, het gister by navraag gesê ondersoek word nog gedoen of hierdie 'n geval van gemeenskapsoordrag was.
Agttien mense wat met haar in kontak was, word tans opgevolg. Die aantal aktiewe kontakte wat tans gemonitor word, is 51.
Met verwysing na geval 22, sê Shangula die 63-jarige man word steeds van die ventilator gespeen en het begin om op sy eie asem te haal. Tot op hede is 5 849 weefselmonsters getoets. Tans is 681 mense in kwarantyn in geriewe oraloor die land. Hiervan het 25 mense Saterdag die land binnegekom. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie