Geval van Kongokoors in Outapi-distrik aangemeld
Een bevestigde geval van Kongokoors is Vrydag (13 September) in die Outapi-distrik in die Omusatistreek aangemeld. Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is die 74-jarige vrou van die Okatwa-nedersetting in Ondombovola in Angola afkomstig. Familielede en gesondheidswerkers wat met haar in kontak was, word streng vir enige simptome van die siekte gemonitor. Volgens die MoHSS se woordvoerder, sr. Manga Libita, gaan dit goed met die vrou en is geen nuwe gevalle sedertdien aangemeld nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie