Gevalle van geslagsgweld styg sedert begin van inperkingstyd
Gevalle van geslagsgweld styg sedert begin van inperkingstyd

Gevalle van geslagsgweld styg sedert begin van inperkingstyd

Henriette Lamprecht
Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid, armoedeverligting en maatskaplike welsyn, me. Martha Mbombo sê die aantal gevalle van geslagsgeweld het gestyg sedert die aanvang van die 21 dae van inperking. Mbombo het tydens vanoggend se daaglikse Covid-19 inligtingsessie van die ministerie van inligting en kommunikasie gesê maatreëls is egter in plek om dit te takel. Volgens Mbombo sluit dit maatskaplike werkers in streke in wat gekontak kan word. Met verwysing na straatkinders en hul families het sy gesê hulle word met die hulp van onder meer die Polisie na plekke van veiligheid geneem. Weerlose families word ook na die Voedselbank en Droogtehulpfonds vir hulp verwys. Sy het lede van die publiek aangemoedig om die ministerie of dan die polisie te kontak sou hulle weet van gevalle van geslagsgeweld of mishandeling.
"Elkeen moet die verantwoordelikheid neem om na mekaar te kyk. Die regering sal sy bes doen, maar gemeenskappe en families moet ook na mekaar kyk," het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer