Gevangenis takel waterlekkasies
Tronke, munisipaliteit snoer kragte
Elvira Hattingh – In ’n poging om ’n einde te bring aan onbeheerde waterlekkasies, het die ministerie van veiligheid en sekuriteit bekend gemaak dit sal voortaan van ’n maatskappy gebruik maak om waterlekkasies in die Windhoek-gevangenis op te spoor.
Die woordvoerder vir tronke en korrektiewe dienste, adjunkkommissaris Eveline January, sê die inisiatief kom aanvanklik van die Windhoekse munisipaliteit, volgens wie korrektiewe dienste die stad se tweede grootste waterverbruiker is.
Republikein het ook vroeër vanjaar berig dat altesaam 30 168 m³ water by die 13 tronke en korrektiewe fasiliteite deur onder meer 4 000 gevangenes in Januarie gebruik is – sowat 3,6 keer meer as byvoorbeeld die fabriek Namibia Dairies.
“Verskeie raadplegende vergaderings is tussen die munisipaliteit en korrektiewe dienste gehou en die munisipaliteit het sy eie toetse vir waterlekkasies gedoen.
“Die toetse het getoon dat watergebruik snags ook hoog was, wat veronderstel is om onproduktiewe werksure te wees. Hulle het ’n groot ondergrondse lekkasie opgespoor. Tronke en korrektiewe dienste se werkswinkel het intussen alle sigbare waterlekkasies herstel en ons het ’n tenderproses begin om die ondergrondse lekkasies op te spoor,” het sy gesê.
Volgens January het die tenderproses op 14 Oktober gesluit en het altesaam vyf maatskappye getender.
Sy sê tronke en korrektiewe dienste sal self die nodige herstelwerk doen sodra die lekplekke geïdentifiseer is.
“Dit is die regte ding om te doen. Ons weet almal dat water is skaars in ons land en tronke en korrektiewe dienste se waterrekening is baie hoog.
“Die Windhoek-gevangenis is ’n baie ou gebou met ou infrastruktuur en ons is besig om ook ou pype te vervang,” het sy gesê.
’n Kennisgewing het ook in die jongste Tender & Bulletin-nuusbrief verskyn en January het bevestig dat die aansoeke nou nagegaan word. “Die tenderproses duur egter lank en al die aansoeke voldoen nie noodwendig aan al die vereistes nie,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie