Gevlekte hiëna verkies gemsbokke
Die N/a’an ku sê-stigting het waardevolle navorsing oor die geheimsinnige karnivoor in die suidelike Namib gedoen.
Francoise Steynberg
’n Navorser van N/a’an ku sê, Karl Fester, het vir 52 maande vanaf 2016 tot 2020 waardevolle navorsing oor die gevlekte hiëna in die Kanaan Desert Retreat van 35 000 hektaar gedoen.
Fester, ’n Namibiër wat sy BSc-graad in natuurlike hulpbronnebestuur aan die Grand Valley State University in Michigan in Amerika verwerf het, was die perfekte kandidaat vir N/a’an ku sê se pogings om die mites oor gevlekte hiënas hok te slaan.
“Hierdie diere word meestal misverstaan en daarom is die navorsing belangrik vir die N/a’an ku sê-stigting om mens-dier-konflik te verminder,” lui ’n verklaring van die stigting.
“Indrukke oor gevlekte hiënas omvat die oortuiging dat hulle prooi-spesies te veel uitbuit – wat hulle 'n teiken as vermeende probleemdiere gemaak het.”
Die navorsing het ten doel gehad om uit te vind of gevlekte hiënas in die suidelike Namibwoestyn ’n voorkeur vir groot herbivore soos gemsbokke, koedoes, springbokke en volstruise het, omdat ander studies bevind het diere met groter liggame is hul hoofprooi.
“Data van 508 wildtellings is saamgestel wat hoofsaaklik op groot prooidiere fokus wat in Kanaan se studiegebied gesien is. Dit het ’n basisbevolkingsdigtheid vir elke groot prooispesie geskep,” word verduidelik.
“Tydens hierdie tyd is 146 mismonsters van gevlekte hiënas versamel en ontleed om hare, bene en ander voedselitems wat geeët is, te verwyder.”
Volgens N/a’an ku sê is die formule genaamd “Ivlev's Electivity”-indeks gebruik om die aantal hare en ander items van prooispesies wat in die mismonsters is met die basisbevolkingsdigtheid van elke prooispesies te vergelyk.
Die bevinding was dat die gemsbok die belangrikste prooidier vir die gevlekte hiëna is met gemsbokhare wat die meeste in die mismonsters gevind is.
Verder het studies getoon die gevlekte hiëna verkies geen groot prooidier bo sy bevolkingsdigtheid nie, dit wil sê bo die beskikbaarheid daarvan nie.
“Die gevlekte hiëna in die suidelike Namib bly inderdaad uiters opportunisties in wat hulle eet met agt verskillende prooidiere se oorblyfsels wat in die mismonsters gevind is. Dit dui aan dat gevlekte hiënas nie enige prooispesies uitbuit nie,” lui die verklaring.
“Dit is opwindend dat ons werk gepubliseer word, maar dit is slegs ’n klein stappie tot wat nodig is om mens-dier-konflik te verminder en die wanopvatting oor gevlekte hiënas uit te wis,” het Fester gesê.
Fester se navorsing sal in die joernaal Ecology & Evolution gepubliseer word wat artikels oor alle aspekte van evolusie en ekologie oorweeg.
“Bewaringsnavorsing is ’n topprioriteit vir N/a’an ku sê om wetenskaplike data te verskaf en dit bied ook opvoedkundige waarde as met plaaslike grondeienaars gewerk word,” lui die verklaring.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie