Gevoel oor Truworths draai
Gevoel oor Truworths draai

Gevoel oor Truworths draai

Frans de Klerk – Truworths is een van Suid-Afrika se voorste modekleinhandelaars met meer as 728 winkels in Suid-Afrika en 49 in die res van die Afrika.

Sy jongste handelsopdatering vir die 26 weke wat in Desember 2018 geëindig het, het ’n toename van 2% in kleinhandelsverkope gerapporteer.

Die wesensverdienste per aandeel was 5% laer en sy netto batewaarde het met 8,5% gestyg.

Die haarnaaldbooghoogte waaroor ons op 28 November geskryf het, het pragtig uitgespeel en die aandeel selfs laer as verwag geneem.

Die nege-dae- bewegende gemiddelde (groen lyn) het die 26-dae- bewegende gemiddelde (rooi lyn) opwaarts gekruis, wat as positief beskou word. Dit impliseer dat die sentiment vir medium- tot langtermynbeleggers na positief verander het.

Die bewegende gemiddelde konvergensie-divergensie-aanwyser is steeds groen, wat dalk opwaartse momentum vooruitloop.

Die stogastiese aanwyser is steeds naby aan oorgekoopte vlakke (nie ideale vlakke om ’n posisie op te neem nie), maar die twee gemiddeldes (blou en rooi) wat mekaar opwaarts gekruis het, weeg swaarder.

’n Moontlike omgekeerde kop-en-skouer-formasie (positief) is sigbaar met die neklyn wat wag by lyn A (R73,07).

Die formasie sal bevestig word wanneer lyn A verander in ’n steun.

Die konserwatiewe teiken van die formasie indien dit sou uitspeel, is R76,40, met die volle teiken op R81,30.

· Spekulante: Koop of oorweeg ’n lang posisie bo lyn A (R73,07), maar gebruik R69,65 as keerverlies om kapitaal te beskerm.

Die moontlike teikens na bo is: R75, R76,20, R77,17, R78,13, R79,50 en R81,30.

· Medium- tot langtermynbeleggers: Die aandeel sal ’n hoër laagte (miskien bo R76) op ’n weeklikse grafiek moet bevestig voordat ons meer optimisties oor die aandeel op lang termyn kan voel.

· Die De Klerks is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Hulle kan by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com gekontak word. Twitternaam: TraderFrans – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!