Gevorderde vlak by 120 skole aangebied
Die huidige graad 11-leerlinge moet voorberei om aan die minimum-vereistes te voldoen om vir die eerste Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende Vlak in aanmerking te kom.
Henriette Lamprecht – Nege jaar ná die nasionale onderwyskonferensie waar die saadjie geplant is vir die hervorming van die nasionale leerplan vanaf preprimêr tot by graad 12, is die bal aan die rol vir die implementering van die eerste Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende Vlak (NSSCAS) in 2021.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Absalom Absalom, is 'n totaal van 120 skole (95 staat- en 25 private skole), geoormerk wat dié betrokke leerlinge sal kan akkommodeer en vakke op die standaard sal aanbied. Die skole is oor die 14 streke van die land volgens onder meer die grootte van die bevolking en ook die vlak van gereedheid versprei.
Volgens Absalom moet die geoormerkte skole aan sekere standaarde voldoen, wat 'n koshuis insluit, omdat dit leerlinge moet akkommodeer van voerskole wat op die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat vir Gewone Vlak (NSSCO) eindig.
“Die skole behoort beter laboratoriumgeriewe en/of infrastruktuur vir die praktiese gedeelte van NSSCAS-vakke soos biologie, fisika en chemie te bied. Onderwysers moet ervaring in die onderrig van ten minste drie vakke op Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Hoër Vlak (NSSCH) hê,” het Absalom gesê. “Goeie bestuur is ook 'n vereiste.”
Anders as ander lande wat die AS-vlak vir die eerste keer instel, is Namibië “gelukkig” in die opsig dat dit voorheen HIGCSE/NSSCH aangebied het, sê Absalom.
“Hoewel dit nie wyd verspreid in die streke aangebied is nie, het onderwysers ondervinding opgedoen in onderrig en die evaluering van 'n veeleisende leerplan. Die oorgang van NSSCH na NSSCAS ofte wel AS, sal makliker vir ander onderwysers wees,” het hy gesê.
Aangesien die ministerie in terme van skole uitgebrei het, het hy beklemtoon onderwysers sal steeds voortgesette ondersteuning nodig hê.
Absalom het erken onderwysers wat vaardig is op die vlak van NSSCAS in alle vakke is egter nie tans voldoende nie.
In die nuwe, hersiene leerplan is die junior sekondêre fase verander van twee na drie jaar. Graad 10 het na die senior sekondêre fase geskuif om meer studietyd vir die senior sekondêre vakke te skep.
Leerlinge lê nou 'n junior sekondêre semi-eksterne eksamen aan die einde van graad 9 af. Die senior sekondêre fase (graad 10 tot 12) skop nou in graad 10 af, met die NSSCO wat oor twee jaar in graad 10 en 11 gedek word. Aanstaande jaar word die NSSCH vervang deur 'n gevorderde plaasvervanger (NSSCAS) vlak een-eenjaarkursus wat in graad 12 gedek word.
Vir NSSCO (graad 10 tot 11) bestaan die leerplan uit kernvakke soos wiskunde en Engels en keusevakke soos biologie en geografie. Nuwe keusevakke sluit chemie, fisiese wetenskap, entrepreneurskap, geïntegreerde uitvoerende kunste, gasvryheid, metaal- en sweiswerk, houtwerk, konstruksie, motorwerktuigkunde, en gesondheid en maatskaplike sorg in.
Ondersteuningsvakke is lewensvaardighede en fisiese onderrig.
'n Eksterne eksamen vir die NSSCO-kwalifikasie word aan die einde van graad 11 afgelê, vanjaar vir die eerste keer. Leerlinge ontvang die NSSCO-sertifikaat (dieselfde status en waardes as die huidige NSSCO) wat gelykstaande is aan die Cambridge Internasionale Algemene Sertifikaat (IGSCE) en O-vlakkwalifikasies ontwerp vir 14- tot 16-jarige leerlinge. Dit is ook die voorloper tot graad 12 (NSSCAS), verdere opleiding of indiensneming. In graad 12 en vir die AS-vlak het leerlinge drie tot vyf vakke in diepte inhoud en sleutelkonsepte word bekend gestel en vaardighede vir dieper denke word gekweek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie