Gewapende groepe beheer Libiese tronke
Die Verenigde Nasies het ‘n verdoemende verslag oor toestande in Libië gepubliseer.
Gewapende groepe in Libië martel aangehoudenes in gevangenisse en maak hulle dood.
Die regering het min beheer oor gevangenisse waar duisende burgerlikes onwettig aangehou word, het die Verenigde Nasies (VN) gister gesê.
Agtereenvolgende regerings in Tripoli het gewapende groepe toegelaat om opponente, aktiviste, joernaliste en politici in hegtenis te neem. Terselfdertyd word die gewapende groepe deur die regering salarisse betaal en van uniforms voorsien, lui die verslag.
"As ‘n gevolg het die gewapende magte se mag onbeheersd toegeneem en is hulle sonder enige regeringstoesig,” het die VN se kantoor vir menseregte en UNSMIL, die VN se ondersteuningsending in Libië, in ‘n verslag gesê.
“Mans, vroue en kinders oor die hele Libië word arbitrêr aangehou en onwettig van hul vryheid ontneem op grond van hul stam of familieverbintenisse en vermeende politieke affiliasie.
Die VN se hoë kommissaris vir menseregte, Zeid Ra'ad al-Hussein, het die “skokkende misbruike” en “onverdunde afgryslikheid” veroordeel.
Zeid het die owerhede aangemoedig om mense wat sonde rede aangehou word, vry te laat en diegene te vervolg wat hulle skuldig maak aan ontvoerings en teregstellings, as ‘n stap om die regstaat te herstel. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie