Gewapende roof, diefstal neem toe
Drie gevalle van diefstal en een van gewapende roof het die naweek in Namibië voorgekom.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is daar 'n toename in diefstal en huisbrake. Die polisie het statistieke vir April en Mei verskaf.
In April was daar 25 gevalle van gewapende roof met 'n vuurwapen en 34 in Mei. Diefstal met 'n ander wapen het met 16 gevalle toegeneem en ander diefstal het van 49 in April, tot 114 in Mei gestyg. Huisbrake het in Mei met 58 gevalle toegeneem en inbrake by besighede met 24.
HUISBRAKE
Tussen Donderdag en Vrydag is daar by 'n huis in Ongwediva ingebreek. Onbekende verdagtes het die slot en diefwering oopgebreek en 'n televisiestel en twee skootrekenaars ter waarde van N$12 000 gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Twee mans het Vrydag omstreeks 22:00 by 'n slaapkamer in die Ombwele- informele nedersetting op Onelago ingebreek. Hulle het glo die sleutel van die Logic Lodge Bar gevat en N$3 800 kontant gesteel. Twee verdagtes van onderskeidelik 22 en 23 jaar oud is in hegtenis geneem.
'n Verdagte het Vrydag om 11:50 by die Outapi-informele mark oorkant die Woerman & Brock (WB)-inkoopsentrum 'n vrou se handsak gegryp. Die waarde van die handsak en die inhoud word op N$33 950 beraam. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
GEWAPENDE ROOF
'n Taxi met vyf insittendes het Sondag omstreeks 02:40 glo agter 'n vragmotor van Coca-Cola Namibia Bottling Company gery. Die vragmotor was op pad van Gobabis na Windhoek. In die omgewing van Namibia Dairies het die taxi die vragmotor verbygegaan en een van die verdagtes het glo 'n pistool op die bestuurder gerig en hom aangesê om stil te hou.
Die vragmotorbestuurder het stilgehou en vier van die verdagtes het die vragmotor deursoek en items ter waarde van N$99 000 en 'n iPhone gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie