Gewapende rooftog by NamPost Epukiro
Drie verdagtes is steeds voortvlugtend nadat hulle glo gister 'n gewapende rooftog by NamPost op Epukiro in die Omahekestreek uitgevoer het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag was die enigste werknemer van NamPost besig om geld te tel toe drie mans in die klein poskantoorgebou inkom.
"Een man was met met 'n pistool gewapen en het geld geëis. Die beampte het N$220 000 kontant aan die mans oorhandig en hulle het op die vlug geslaan," lui die misdaadverslag.
Die slagoffer het die voorval 'n uur later aan die polisie rapporteer.
"Die verdagtes is steeds voortvlugtend en geen geld is nog teruggevind nie," sê die polisie. Die ondersoek duur voort
Die polisie doen 'n beroep op enige iemand met inligting om die polisiekantoor op Gobabis te kontak of vir adj.komm. Kalimbula by 081 124 6131.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie