Gewapende rowers slaan op die vlug
Francoise Steynberg - 'n Gewapende rooftog het vanoggend in Shoprite op Okakarara plaasgevind, het adj.komm. Naukalemo Andreas, die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Otjozondjupastreek pas aan Republikein bevestig.
Volgens bronne op die toneel het die gewapende rowers in 'n wit VW Golf gevlug, maar kringtelevisiekameras het gewys dat hulle by die hervestigingsplaas Wagnog ingedraai het.
"Die polisie het die voertuig by 'n veepos van Wagnog gevind en een verdagte in hegtenis geneem," het die bron gesê. Volgens hom het drie ander verdagtes te voet op die vlug geslaan. Die publiek word gewaarsku dat die verdagtes gewapen is.
Die polisieondersoek duur voort.
Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie