Gewasse, bosbou landbou se hoop
Die landbousektor se verwagte groei is tussen 4,5% en 5% in 2021 en 2022, onderskeidelik.
Elvira Hattingh – Ekonomiese vooruitsigte vir landbou en bosbou is positief vir 2021, alhoewel dit na verwagting teen 'n stadiger pas as in 2020 (13,9%) sal groei.
Die verwagte groei is tussen 4,5% en 5% in 2021 en 2022, onderskeidelik, met gewasboerderye en bosbou as die hoofdryfkragte.
Me. Indileni Nanghonga, 'n navorsings- en produkontwikkelingsbeampte by AgriBank, het die opmerkings Dinsdag tydens 'n nasionale gesprek oor die voedselstelsel in Namibië gemaak, wat ter voorbereiding van die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselstelselberaad in September begin het.
“As gevolg van lae veegetalle, gekoppel daarmee dat produsente tans besig is met die herbouing van die nasionale kudde, verwag ons dat die lewendehawebedryf swakker sal vaar. Dit kan met tot 1,2% inkrimp, voor dit teen 2022 weer sal verbeter.
“Die bosboubedryf en gewasboerderye bly in 2021 die landboubedryf se baken van hoop,” het sy gesê.
Sy sê globaal styg pryse vir landbouprodukte en 'n groeiende vraag daarna, skep 'n gunstige omgewing vir landbou-uitvoere. Tog bedreig inflasie en stygende produksiekoste die bedryf.
Nanghonga het tydens die geleentheid gesê Covid-19 asook vrese vir ontstuimigheid in die handelbedryf oor die onluste in Suid-Afrika, skep 'n geleentheid vir Namibië om kwesbare punte in die voedselproduksie en -verskaffingsketting te identifiseer.
Sy het oor verskeie finansieringsprodukte gepraat wat deur die bank gebied word.
“Die landbousektor het gemiddeld sowat 8,5% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) oor die tydperk van 2000 tot 2020 bygedra. Tog het dié bydrae tussen 2007 en 2009 en toe weer tussen 2011 en 2019 minder as die 20 jaar-gemiddeld tot die BBP bygedra.
“Die lewendehawesektor dra 40% by tot landbouproduksie in Namibië, terwyl gewasverbouing, bosbou asook die prosessering van vis onderskeidelik 32% en 28% tot produksie bydra.
“Die uitgerekte droogte, tesame met die impak van die Covid-19-pandemie, bly 'n uitdaging vir beide boere en diegene wat in die sektor belê,” het sy gesê.
Sy het gesê terwyl landbou talle geleenthede bied, is daar ook uitdagings wat oorkom moet word, wat insluit dat veral openbare en private beleggings in die sektor daal. Verder raak klimaatstoestande die bedryf, terwyl veral boere in die noordelike kommunale gebiede deur veesiektes en toegang tot formele markte, asook finansiering gekniehalter word.
“Landbou bied egter verskeie geleenthede vir werkskepping en om 'n inkomste te genereer, terwyl Namibië wel toegang tot winsgewende uitvoermarkte het,” het Nanghonga gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie