Gewasverbouing vertraag, onder druk
Die ministerie waarsku swak reënneerslae gaan die huidige seisoen bly oorheers.
Elvira Hattingh - Swak reënneerslae met die aanvang van die huidige reënseisoen het landswyd tot vertragings in gewasverbouing gelei.
Terselfdertyd plaas ‘n tekort aan kunsmis in die meeste gebiede verdere druk op gewasse.
Die ministerie van landbou, water en bosbou het verlede week ‘n verslag oor landbou-insette en huishoudelike voedselsekerheid aan die media uitgereik.
Hierin word boere gewaarsku swak reënneerslae gaan die huidige seisoen bly oorheers en boere moet hulself vir ‘n dreigende droogte gereed maak.
Die verslag is saamgestel uit inligting wat tussen 18 November en 18 Desember verlede jaar ingesamel is deur die ministerie se Agro-besigheidsinligtingsdienste in die sewe noordelike kommunale streke, wat die grootste gewasproduseerders is.
Volgens die verslag is huishoudelike voedselsekerheid bevredigend omdat landbouproduksie in die twee vorige reënseisoene goed was.
Hoewel verskeie bestaansboere aangedui het hulle sal vir oorlewing op oesreserwes uit die vorige seisoene moet staatmaak, meen hulle dié kos sal hulle tot Mei vanjaar hou.
Dan behoort die jongste oes weer in te kom.
Boere het aangedui het hulle teen einde Oktober eerste reënneerslae ontvang, maar November het geen opvolgreën gebring nie. Die meeste gebiede het eers teen die einde van Desember en vroeg in Januarie genoeg reënneerslae ontvang vir boere om te begin plant.
Kommunale gewasverbouers sê hulle kon hul surplus mahangu en mielies uit vorige seisoene aan kommersiële meulens soos Namib Mills verkoop, maar die meulens se vraag na die produkte was beperk en daar was nog heelwat onopgekoopte reserwes.
Moontlike voedseltekorte kan in droogtegeteisterde gebiede voorkom, wat Linyanti in die Zambezistreek insluit, asook plekke in Katima Mulilo se landelike kiesafdelings, Okanguati en Etanga in die Epupa-kiesafdeling, die Khomas Hochland, Aminus, Otjimbingwe, die Spitzkoppe, Omatjete, Bethanie, Berseba, Maltahöhe, Gibeon en Gochas.
Vloede het ook tot swak oeste by onder meer Kabbe-Noord en Kabbe-Suid gelei.
SWAK WEIDING
Kommer heers oor weiding wat voortdurend verswak – veral in die suide van die land, wat verlede jaar ook ‘n swak reënseisoen ervaar het. Dié omstandighede word vererger deur die voortgesette droogte, wat gekenmerk word deur ‘n láát seisoen en onvoorspelbare reënpatrone.
Volgens die ministerie se amptenare word die Aminuis-kiesafdeling in die Omahekestreek die ergste deur weidingstekorte geraak en vrek vee weens wanvoeding. Die laat en swak neerslae het die weiding, gewasproduksie, asook waterbronne negatief beïnvloed.
REËNVERWAGTINGE
Die verslag dui aan die Suider-Afrikaanse Klimaatvooruitskouingsforum vir die SADC-streek (Sarcof) het weer in Desember vergader om hul seisoenale weervooruitsigte, soos in Augustus uitgereik, by te werk.
Hiervolgens sal die groter dele van Suider-Afrika tot Maart normale tot ondernormale reënneerslae ontvang.
Die uitsondering van bogenoemde vooruitsigte is onder meer die suidoostelike dele van Namibië, die sentrale dele van Suid-Afrika, asook die suidwestelike dele van Botswana.
Hier word normale tot bo-normale reënneerslae tot in Maart verwag.
Tussen Februarie en Mei word normale tot bo-normale reën op die meeste plekke in Suider-Afrika verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie