Geweld bars los by betogings in Parys
Altesaam 26 mense is beseer en 15 mense is in hegtenis geneem toe betogings oor hervormings aan Frankryk se arbeidswetgewing Dinsdag hier voortgesit is.
Die polisie het met ’n waterkanon in die suide van die stad op betogers geskiet nadat honderde gemaskerde betogers hulle met verskeie artikels bestook het.
Die geweld het losgebars terwyl die wêreld se aandag op Frankryk gefokus is vir die Euro 2016-sokkerkampioenskap.
Die Eiffeltoring is gesluit weens onrus en openbare vervoer is ontwrig terwyl derduisende sokkertoeskouers op die land toesak.
In die oproer in Parys het ’n groep betogers ’n bouterrein bestorm en houtpalette op polisie gegooi.
Beeldmateriaal wys hoe een man deur polisielede weggeneem word met sy wit T-hemp rooi van die bloed van ’n wond bokant sy oog.
Dit is die jongste geweld in maande van nywerheidsaksie waarin lug- en spoorvervoer erg ontwrig is en vullis in die strate opgehoop het.
“Ek het al die optredes sedert Maart bygewoon omdat ek met waardigheid wil leef en nie net wil oorleef nie,” het Aurelien Boukelmoune, ’n 26-jarige tegnikus van Parys, gesê.
“Die hervormings moet onttrek word. So maklik soos dit. Eers dán sal die betogings ophou. Die regering moet die wet onttrek, anders sal ons die ekonomie blokkeer,” het Boukelmoune gesê.
Die eerste betogings het in Maart begin ná ’n debat in die senaat oor die hervormings wat bedoel is om die werkmark meer buigsaam te maak en hoë werkloosheidsyfers teen te werk.
Kritici sê die hervormings is meer in die guns van sakelui.
Die regering het verder kritiek ontlok nadat die hervormings afgedwing is sonder om daaroor te stem. Pres. François Hollande se sosialistiese regering het gesê dit hoop gister se oproer sal die laaste wees.
Philippe Martinez, leier van die verlinkse CGT-vakbond wat verlede maand se blokkades van brandstofdepots gelei het, het ’n “baie sterk mobilisering” voorspel.
Die CGT het meer as 600 busse gebruik om betogers na Parys te vervoer. In Maart se onrus het meer as 1,2 miljoen mense die strate ingevaar. Die jongste onrus het blykbaar meer as 390 000 mense landwyd betrek.
Michel Cadot, Parys se polisiehoof, het gesê hy skat sowat 50 000 betogers was gister in Parys.
Nog twee dae van betogings word vir later vandeesmaand beplan en dit het ’n demper op toerisme in Parys geplaas.
Personeellede van die Eiffeltoring staak en dit kon nie open nie. Spoorwegwerkers staak uit beswaar teen werksomstandighede. ’n Kleinerige groep Air France-vlieëniers het hulle die naweek by die spoorwegwerkers aangesluit.
Die vlieëniers se staking sal sowat een uit elke vyf vlugte raak, het Air France gesê.
Dié staking sou gister ten einde geloop het, maar die spoorwegstaking, wat al 14 dae lank duur, gaan voort.
Hollande, wat in April volgende jaar herverkies wil word, het gehoop die hervormings sal sy gewildheid verhoog.
In openbare peilings is bevind dat Franse nou teen die betogings begin draai nadat drie weke gelede bevind is dat meer as 54% van mense daarmee saamstem.
- Netwerk24/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie