Geweld dalk Zimbabwe se voorland voor verkiesing
'n Senior navorser van die ISS, sê die voorval is 'n wekroep dat Mnangagwa se veiligheid opgeskerp moet word.
Die ontploffing verlede Saterdag in die White City-stadion in Bulawayo, die naasgrootste stad in Zimbabwe, kan die begin wees “van algemene geweld” voordat die land op 30 Julie na die stembus gaan, sê 'n ontleder van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS).
Twee mense is dood in die aanval en meer as 40 is beseer.
Pres. Emmerson Mnangagwa, was 'n paar treë weg van waar 'n ploftoestel ontplof het toe hy en sy gevolg die verhoog by 'n Zanu-PF-byeenkoms verlaat het.
Mnangagwa se twee visepresidente is beseer.
Derek Matyszak, 'n senior navorser van die ISS, sê die voorval is 'n wekroep dat Mnangagwa se veiligheid opgeskerp moet word.
Dit is nie duidelik hoe die ploftoestel onder die verhoog gekom het nie.
Die BBC berig egter bronne na aan die ondersoek sê dit was moontlik 'n handgranaat.
Matyszak meen dit is moontlik dat die veiligheidspersoneel wat destyds na die veiligheid van oudpres. Robert Mugabe omgesien het, vervang is deur personeel wat nie so ervare is as dié wat Mugabe gehad het nie.
'n Ander moontlikheid is dat die veiligheidspersoneel toegelaat het dat die ploftoestel deur die stelsel geglip het.
Dít kan daartoe lei dat Mnangagwa die weermag, wat hom gehelp het om einde 2017 die mag by Mugabe oor te neem, landswyd sal ontplooi in die aanloop tot die verkiesing.
'n Ander moontlikheid is dat lede van Zanu-PF wat steeds lojaliste van Mugabe is, vir die ontploffing verantwoordelik is.
Hul doel was moontlik om met die ontploffing te bewys die situasie in Zimbabwe is nie stabiel nie en beleggings in die land is onveilig.
Nadat Mnangagwa aan bewind gekom het, het hy uit sy pad gegaan om beleggers te probeer verseker Zimbabwe se deure staan oop vir hulle. Hy het ook 'n vrye en regverdige verkiesing belowe.
Vorige verkiesings in Zimbabwe is gekenmerk deur intimidasie, verkiesingsbedrog en geweld.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie