Geweld teen kinders endemies in Namibië
Byna 40% van meisies en 45% van seuns in Namibië het reeds 'n vorm van geweld teen kinders ervaar. Volgens die direkteur van kinderwelsyn in die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, me. Helena Andjamba is emosionele geweld die mees algemene vorm. Volgens 'n studie oor geslagsgeweld wat in 2019 in Namibië uitgevoer is, het 39.3% van meisies en 30% van seuns emosionele geweld ervaar en wat afknouery en verbale geweld insluit.
Andjamba sê die mees algemene plek waar die eerste voorval van seksuele geweld tydens kinderjare plaasvind, is in die skool en by die huis. Die mees algemene oortreders in die eerste voorval van seksuele geweld is dan ook nabye vriende en familielede. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie