Geweld woed vir tweede nag in Milwaukee
Onluste volg ná polisie gewapende man doodskiet
Ná ’n nag van geweld en onluste, het die inwoners van Milwaukee in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin ’n gedenkdiens gehou vir Sylville Smith (23), die gewapende man wat deur die polisie doodgeskiet is.
Scott Walker, goewerneur van Wisconsin, moes in ’n stadium die weermag inroep om die Milwaukee-polisie te help om die geweld onder beheer te bring.
Die onluste het begin nadat die polisie vir Smith doodgeskiet het toe hy weggehardloop het. Selfs al was Smith gewapen en het hy ’n lang polisierekord gehad, het die skietery en die nadraai daarvan kommerwekkende ooreenkomste getoon met ’n reeks gewelddadige voorvalle waarby die polisie die afgelope tyd betrokke was.
Verskeie polisiebeamptes is die afgelope weke geteiken en oral in die land doodgeskiet, insluitende vyf in Dallas, ná woede oor die dood van ongewapende swart Amerikaners deur die polisie.
Geweld het hoofsaaklik in Sherman Park gewoed. Geboue en voertuie is aan die brand gesteek, daar is op die polisie geskiet en hulle is met klippe bestook.
Smith se suster, Shirelle, het huilend gevra dat die geweld asseblief in sy naam moet ophou. Sy sê dat sakeondernemings in die voorstad nie onluste kan bekostig nie en sake nodig het.
Betogers het klippe gegooi en gewere afgevuur toe polisie in onluste-uitrusting gister omstreeks 04:00 GMT in die Sherman Park-woonbuurt ontplooi is, ten einde ’n herhaling van vorige geweldpleging na aanleiding van wetstoepassing te voorkom.
Beamptes het op een tydstip ’n gepantserde voertuig gebruik om ’n slagoffer van ’n skietery te red en na die hospitaal te vervoer. ’n Polisiebeampte is gehospitaliseer nadat betogers ’n klip gegooi het wat die voorruit van die polisievoertuig gebreek het.
Sommige plaaslike inwoners het met skok op die vlakke van geweldpleging gereageer.
“Ek woon die afgelope 30 jaar hier, en het nog nooit so iets in my lewe gesien nie,” het Dominic Lebourgeois aan The New York Times gesê.
Saterdag het ’n woedende skare van ongeveer 200 mense die strate ingevaar en minstens ses sakeondernemings aan die brand gesteek. – Nampa/AFP/Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie