Geweldenaar land met glimlag
Charles Namiseb, die gewelddadige aanvaller van Uis, sal moontlik vandag op aanklag van ontsnapping voor die hof gedaag word.
Denver Kisting
Twee jaar nadat hy vir maande die gereg ontglip het, het Charles Namiseb, 'n gewelddadige verkragter en rower, Vrydagmiddag in Windhoek aangekom.
Namiseb het omstreeks 13:30 met 'n kommersiële vlug van Air Namibia by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako uit Johannesburg arriveer.
Hy het vir die polisiefotograaf geglimlag voor hy met 'n inkopieplastieksak en 'n pienk rugsakkie in die vangwa op die aanloopbaan geklim het.
Die 36-jarige voormalige Uis-inwoner is onder swaar polisiebegeleiding na die Windhoek Sentrale Gevangenis geneem.
Adj.komm. Eveline January, die woordvoerder van korrektiewe dienste, het bevestig Namiseb word daar aangehou.
Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se Interpol-verteenwoordiger, het die afgelope naweek aan Republikein gesê intelligensiekorrespondensie tussen Namibië en Suid-Afrika het verlede jaar onthul Namiseb bevind hom in Pretoria.
Die inligting tot Interpol se beskikking het daarop gedui Namiseb het nie terwyl hy voortvlugtend was in die buurland gewerk nie. Sam sê inligting oor die verdwyning van dié berugte man is op Interpol se rooilys vir voortvlugtendes geplaas.
Hy is op 19 April verlede jaar by die Clarina-landgoed in Pretoria-Noord aangekeer en is Vrydag ná uitgerekte hofprosedures aan Namibië uitgelewer.
Namiseb is tydens die vlug vergesel deur 'n Interpol- en 'n Nampol-verteenwoordiger.
Hy is as baie gevaarlik beskou en die owerhede het dikwels toe hy soek was lede van die publiek gemaan om hom nie te probeer aankeer nie.
'n Medepassier op Vrydagmiddag se vlug sê op Republikein se Facebook-blad: “Ek was op die vlug. Het al die man op OR Tambo (Internasionale Lugawe) met die wagte gesien; toe dink ek dit is dalk een of ander hoëprofielmens (“high society”).
“En in Windhoek sien ek toe dié en spot met iemand en sê wat as ons 'n krimineel saamgehad het . . . Nou wat ek weet, voel ek baie ongemaklik met die idee.”
Namiseb sal na verwagting vandag op die aanvullende klag van ontsnapping uit wettige aanhouding in die Windhoek-landdroshof verskyn.
Namiseb het op dieselfde dag – 29 Februarie 2016 – waarop hy aan verkragting, aanranding met die doel om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is, uit die aanhoudingselle by die Windhoek-polisiekantoor gestap.
'n Polisiebeampte staar steeds strafregtelike klagte in die gesig nadat Namiseb hom glo met 'n liegstorie om die bos gelei het.
Namiseb het na bewering aangevoer hy is op die dag van sy en sy medebeskuldigde, Edwin Tourob, se skuldigbevinding op borgtog vrygelaat.
Regter Alfred Siboleka het intussen vir Tourob tot 'n effektiewe tydperk van 53 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die verwagting is dat Namiseb ook eersdaags in die hoërhof in Windhoek gevonnis sal word vir sy aandeel in die gruvoorval, wat tydens Oktober 2010 op Uis afgespeel het.
Die 77-jarige oorlewende van Namiseb en Tourob se aanval het gistermiddag by navraag gesê: “Ek is dankbaar dat die gereg sy beloop neem. Ek is trots op die polisie vir die werk wat hulle gedoen het en ek glo dat reg en geregtigheid nou sal geskied.”
Haar man word eersdaags 80 jaar oud.
Die mans het die egpaar, wat in daardie stadium op Uis gewoon het, in hul huis oorval en aangeval, die vrou om die beurt herhaaldelik verkrag en beroof.
Tourob en Namiseb het ná die aanval met hul buit met die bejaarde egpaar se voertuig op die vlug geslaan.
Hulle het geld, vuurwapens, juweliersware en ander huisraad met 'n gesamentlike waarde van bykans N$80 000 gesteel.
Tourob is die dag ná die voorval aangekeer terwyl Namiseb sowat drie dae later in hegtenis geneem is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie