Gewese Tour-wenner ry in bus vas
Fietsry
Egan Bernal, die Colombiaanse fietsryer wat die Tour de France in 2019 gewen het, sal geopereer moet word nadat hy Maandag beseer is.
Die 25-jarige Bernal (Ineos Grenadiers) het beserings aan sy been, knie en ruggraat opgedoen toe hy in ’n stilstaande bus naby Bogotá in Colombia vasgery het. Dit het tydens ’n oefenkamp van sy span plaasgevind. Ná die ongeluk is hy deur personeel van sy span na ’n kliniek geneem. Volgens hul verklaring was hy by sy bewussyn toe hulle by die kliniek aangekom het.
Hy het ’n dybeen gekraak, sy knieskyf beskadig en dokters sal sy been met penne moet herstel.
Bernal het verlede jaar die Giro d’Italia gewen. Hy word in sommige kringe as iemand beskou wat die Sloween Tadej Pogacar se houvas op die Tour kan verbreek. Pogacar het die afgelope twee jaar die wêreld se meeste fietsrytitels gewen.
Bernal het onlangs sy kontrak met die Ineos Grenadiers tot 2026 verleng.
– Netwerk24, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie