• Tuisblad
  • Sport
  • Gewese Zim-kaptein maak erkenning oor dwelms, knoeiery
Gewese Zim-kaptein maak erkenning oor dwelms, knoeiery
Gewese Zim-kaptein maak erkenning oor dwelms, knoeiery

Gewese Zim-kaptein maak erkenning oor dwelms, knoeiery

Krieket
Die voormalige Zimbabwiese krieketkaptein Brendan Taylor het Maandag skokonthullings gemaak dat hy kokaïen en omkoopgeld van US$15 000 van ’n Indiese sakeman aanvaar het.
Hy het ook gesê hy is ’n lang skorsing uit die spel te wagte omdat hy vier maande gewag het om dit aan die Internasionale Krieketraad (IKR) te rapporteer.
Taylor, wat in September 2021 uit internasionale krieket getree het, het in ’n lang verklaring op Twitter gesê hy is “laat in Oktober 2019” na Indië genooi om oor “borgskappe en ’n potensiële nuwe T20-kompetisie in Zimbabwe” te gesels.
Daar is glo aan hom gesê dat hy US$15 000 betaal sou word om die voorlegging aan te hoor.
Die 35-jarige kolwer sê die uitnodiging het gekom in ’n stadium toe Zimbabwe se nasionale spelers al ses maande sonder ’n salaris was en terwyl kommer bestaan het of dié land enigsins sou kon voortgaan om internasionale wedstryde te speel.
Hy sê hy was “ietwat lugtig”, maar het steeds die reis na Indië meegemaak.
Tydens drankies op die laaste aand is hy kokaïen aangebied, wat hy saam met die sakeman en sy kollegas geneem het.
“Dié toneel het reeds ’n miljoen keer in my gedagtes afgespeel en ek kry steeds ’n siek gevoel in my maag om te besef hoe dwaas dit was.
“Die volgende oggend het dieselfde mans by my hotelkamer ingebars. (Hulle het) vir my ’n video gewys wat van my geneem is die vorige aand toe ek kokaïen gebruik het en vir my gesê as ek nie internasionale wedstryde beknoei nie, sal die video aan die publiek uitgereik word,” sê hy.
Hy sê hy was “in ’n hoek” en met die ses individue in sy hotelkamer het hy ook vir sy veiligeheid gevrees. ’n Deposito van US$15 000 is oorhandig om wedstryde te beknoei.
“Ek het die geld gevat sodat ek op ’n vliegtuig kon klim en Indië verlaat. Ek het gevoel asof ek geen keuse gehad het nie, want om nee te sê, was duidelik nie ’n opsie nie. Al wat ek geweet het, is dat ek daar moes wegkom.”
Hierna het hy vier maande gewag om dit onder die IKR se aandag te bring, maar hou vol dat hy ondanks die dreigement nooit by wedstrydknoeiery betrokke was nie.
“Ek erken dit was te lank, maar ek het gedink ek kan almal beskerm en veral my familie,” het hy gesê.
Taylor sê hy sal enige straf deur die IKR aanvaar en hoop om bewusmaking te skep onder ander krieketspelers om enige soortgelyke voorvalle so vroeg as moontlik aan te meld.
Hy sê ook hy sal hom by ’n rehabilitasiesentrum laat opneem, dat hy na dié hele affêre gordelroos opgedoen het en “sterk medisyne teen psigopatie” voorgeskryf is.
Taylor het sy buiging vir Zimbabwe in 2004 gemaak in ’n eendagwedstryd teen Sri Lanka en 6 684 lopies in 205 wedstryde aangeteken met 11 honderdtalle in dié formaat.
Hy het ook 2 320 lopies in 34 toetse en 934 lopies in 45 T20-wedstryde aangeteken.
– Netwerk24, Sport24, India Today

FOTO
Brendan Taylor van Zimbabwe tydens 2015 se Wêreldbeker-kriekettoernooi, waar hy 138 lopies teen Indië gemoker het. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!